Geskiedenis van Suid-Afrika / Boek 2 / ‘n Nuwe volk ontstaan / No 9 / Antjie Somers

Die groot avontuur van Motmuis

Die begin van Motmuis

http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

Motmuis leer van Suid-Afrika

VESTIGING AAN DIE KAAP

BOEK1

Vestiging aan die Kaap (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/) tot deel 26

Geskiedenis van Suid-Afrika

NUWE VOLK ONTSTAAN

BOEK 2

ń Nuwe volk ontstaan no 9

ANTJIE SOMERS

” Kinders, vandag gaan Ouma Vlermuis vir julle ń ou Kaapse storie vertel.

Lank lank gelede, toe al die mense nog daar onder in die Kaap gebly het, was daar ń man.

Sy naam was Andries Somers.

Andries was ń baie goeie visserman.

Hy was baie dapper.

Hy kon baie goed swem en het baie ander vissermanne uit die see gered.

Andries het baie hard gewerk en daarom het hy altyd die meeste visse gevang.

Die ander vissermanne was jaloers op hom.

Hulle het van hom geskinder.

Eendag pak ń klomp manne hom op die strand en begin hom slaan, regte boelies.

Andries was gelukkig baie goed met sy vuiste en gou gou jaag hy hulle uitmekaar.

Ongelukkig val een man met sy kop op ń klip en daar is hy morsdood.

Andries skrik want hy weet almal gaan sê hy het die man doodgeslaan en dan gaan hulle hom in die tronk toesluit.

Hy hardloop huis toe.

Hy trek sy sussie se lang rok met die strepe aan, bind ń rooi kopdoek om sy kop en met ń mandjie oor sy arm vlug hy.

Hy vlug ver van die see af tot op ń plaas waar hy werk kry.

Hy werk baie hard op die plaas.

Die baas van die plaas hou baie van hierdie harde werker.

Die ander werkers raak jaloers en begin skinder oor Andries.

Hulle kry die rok met die strepe in sy kas en toe begin hulle hom terg.

Andries se naam is Antjie!

Andries dra ń rok!

Andries se naam is Antjie!

Andries dra ń rok!

Andries kry so skaam dat hy sy goedjies in ń sak gooi en loop sommer die berge in.

Niemand het ooit weer iets van Andries gehoor nie. Hy het verdwyn.

Eendag kom die kinders huis toe gehardloop.

Hulle het in die berge gaan speel.

Daar het hulle ń ou vrou gekry met lang rok aan met strepe, ń rooi kopdoek om haar kop, ń mandjie oor die arm met ń lang mes en ń groot sak.

Hulle sê die ou vrou wil hulle vang en in die sak gooi.

Die ou vrou se naam is Antjie Somers.

Die kinders was baie bang vir haar.

Die grootmense het die kinders altyd gewaarsku dat dit gevaarlik is om in die berge te speel.

Daar is baie gevare in die berge.

Hulle het van toe af altyd vir die stout kinders gesê:

Oppas, Antjie Somers gaan jou vang!

Dan was die kinders sommer gou gou soet. “

Fiktiewe verhale uit die geskiedenis. Geskryf deur Kobie Ströh vir ons kleinkinders gedurende die Covid isolasietyd.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae