Dirkie Uys / Italeni / Simboliese Ossewatrek Somerset-Wes

Dirkie Uys Monument

Simboliese Ossewatrek 1938

Somerset-Wes

DIRKIE UYS (3.3.1923 – 6 .4.1838)

Dirkie Uys ( Dirk Johannes Uijs) is 3 Maart 1823 distrik Swellendam gebore. Die tweede van 3 seuns.

Sy pa was die bekende Voortrekkerleier Piet Uys en sy ma Alida Maria Uys.

Dirkie word groot in Humansdorp omgewing en in die Onder-Boesmanrivier wyk.

Daar het hulle baie las van die Xhosas en verloor byna alles tydens die 6de grensoorlog, Desember 1834.

Piet Uys was ń teler van opregte perde wat veral bekend was daarvoor dat hulle perde was wat lang afstande met gemak kon aflê.

Piet het gereeld kommandodiens verrig en het selfs ń kommissie na Natal gelei in Augustus 1834 om ondersoek in te stel na die omstandighede in Natal.

DIRKIE UYS

Dirkie het geen formele lees en skryf opleiding gehad nie.

Sy ouers het hom geleer.

Hy het goeie boerdery opleiding en uitstekende jag en verdedigingsopleiding by sy pa gekry.

GROOT TREK

Augustus 1837 verlaat Piet Uys en sy gesin met 23 waens en ongeveer 100 mense die Kaapkolonie. Hy is die leier van hierdie trekgeselskap.

Vir die kinders soos Dirkie was dit ń baie groot avontuur. Soos meeste seuns van sy ouderdom kon hy goed skiet en was ń uitstekende perderuiter. Jag en verken en verdedig en vee oppas en aanjaag was deel van die seuns se elke dag se lewe.

Oktober/November gaan Dirkie se pa saam op ń strafekspedisie teen die Matabeles na Vegkop se oorwinning..

WINBURG

Die Uys trekgeselskap vertoef by Winburg op pad Natal toe, toe hulle hoor van die moorde op sowat 500 trekkers by Bloukrans en Moordspruit asook die moord op Piet Retief.

Piet Uys snel dadelik die Trekkers in Natal te hulp.

By Doornkop vergader hy en ander trekkers en besluit op ń strafekspedisie teen die Zoeloes.

Andries Potgieter en Piet Uys trek saam op, Zoeloeland in. Elke een lei sy eie kommando.

Piet Uys neem sy 15 jarige seun Dirkie saam want hy was ń dapper vegter, ń goeie ruiter en ń uistekende skuts.

ITALENI

Die Strafekspedisie trek oor die Tugelarivier en hulle bereik Italeni ( sowat 5 km van Ngungundlovu af.)

Daar gewaar hulle ń groep Zoeloes wat rustig gesit en rook het.

Hulle besluit om die Zoeloes aan te val, min wetende dat die Zoeloe leier Ndlela sy sowat 8000 Zoeloekrygers in 2 groepe versteek het op die berg eThaleni.

Hulle val die groep Zoeloes aan en díe spring verskrik op en begin vlug. Piet Uys agtervolg hulle en besef skielik dat hulle in ń lokval ingelei is. Piet Uys en ñ paar ander trekkers was op die voorpunt en is van die ander kommado’s afgesny.

Daar was net een uitweg: Val terug en skiet ń pad oop.

Die moeilike terrein met dongas en slote het egter hulle vlug belemmer.

ñ Paar burgers sneuwel. Piet Uys is swaar gewond en probeer ń ander man wat sy perd reeds verloor het help. Piet besef hy is besig om dood te bloei en moes reeds weerskante deur ander trekkers op sy perd gehou word.

Hy beveel sy helpers om hulleself te red en gly van sy perd af.

Dirkie wat al reeds uitgejaag het, sien sy pa val en hoe die Zoeloes op hom toesak. Hy swaai sy perd om en jaag terug om sy pa te gaan bystaan. Hy skiet 3 Zoeloes plat voor hy saam met sy pa sterf.

Dirkie was reeds veilig, en buite bereik van die Zoeloes toe sy pa noodlottig gewond was.

Instede van saam met die kommando te vlug het hy die dag saam met sy pa ‘n helde dood gesterf.

Die Italenie slagveld is nie ver van Umgundgundlovu af nie strek oor ‘n groot uitgebreide terein.

VLUGKOMMANDO

Potgieter en sy manne moet ook vlug. Die Zoeloes het sy besluiteloosheid opgemerk en tot aanval oorgegaan. Hulle moet noodgedwonge voor die duisende stormende Zoeloes vlug en verloor hul los perde en ammunisue.

Daarna het hierdie kommando as die Vlug Kommando bekend gestaan.

Ongeveer 15 manne het hier by Italeni omgekom.oa Piet Uys en sy seun Dirkie Uys.

DIRKIE UYS DIE GROOT HELD

Verskeie skole is na hom vernoem.

Hoërskool Dirkie Uys in Mooreesburg en in Warden.

Dirkie Uys Laerskool in Johannesburg.

Dirkie Uys Primary in Durban (Bluff).

In die Voortrekkermonument beeld een van die Marmerfriese ook Dirkie Uys se groot heldedaad uit.

In die Trekroetetuin neffens die Voortrekkermonument Pretoria is ‘n klein beeldjie opgerig van Dirkie Uys en sy heldedaad. Kunstenaar Jaco van Niekerk

SOMERSET-WES

Tydens die 1938 Simboliese Ossewatrek word ń monument ter ere aan die dapper held, Dirkie Uys, in Somerset-Wes opgerig.

Die voetstuk van die monument is omring met ń lae ringmuur wat ń wawiel voorstel.

Bo op die gemesselde klip stapel is ń skaalmodel kakebeenwa soos as wat in die tyd van die Trek gebruik was.

Dit is geleë in Kerkstraat tussen die ou pastorie en die N.G.Kerk.

Die monument kyk noord, die trekrigting in.

Bronne: Internet.

Die Groot Trek TV Bulpin

Fotos geleen vanaf Facebook: Afriforum, John Roderick

Maak 'n opvolg-bydrae