Boogbrug / Paul Sauerbrug / Stormsrivierbrug / Van Stadensbrug / Bloukransrivierbrug

PAUL SAUERBRUG / STORMSRIVIERBRUG

Paul Sauerbrug, Stormsrivier, is in 1956 voltooi teen ‘n koste van £100 000 (R 200 000):

(Bydrae deur Hendrik Strydom)

‘n Verstommende Italiaanse Ingenieursprestasie as een van drie indrukwekkende beton boogbrûe in die Tsitsikamma aan die N2 Tuinroete, nl. Bloukransrivierbrug, Stormsrivierbrug (Paul Sauerbrug) en die Van Stadensrivierbrug wat die langste enkele span het, n. 198m. Die hele struktuur is 372m lank en 57m breed gebou teen ‘n koste van R2 miljoen in 1970. Die brug is vernoem na die minister van openbare werke, PO Sauer.

Die skouspelagtige Stormsrivierbrug wat 139m bo die 450 m diep vallei van die Stormsrvier troon, is 191 m lank en 7,5 m breed. Dit is gebou volgens die beginsel van ‘n middeleeuse kasteel se ophaalbrug. Dit is ontwerp deur Prof. Giorgio Morandi van Rome en gebou deur Concor Construction onder bestuur van Marcello Barnabo. Die rewolusionêre konstruksiemetode was volgens die beginsel van ‘n middeleeuse kasteel se ophaalbrug: twee halfsirkelvormige seksies van die brug het op platforms aan weerskante van die rivier geskarnier en is toe geleidelik laat sak om mekaar in die middel te ontmoet om so die enkelspanboog van 330 m te voltooi. Ontwerp en konstruksie moes besonder akkuraat wees om presies by mekaar aan te sluit. Die speling was slegs 10mm.

VAN STADENSBRUG

Van Stadensbrug

Oos-Kaap

Van Stadensbrug

Hierdie besonderse boogbrug op die N2 span oor die Van Stadensrivier tussen Port Elizabeth en Jeffreysbaai op die hoofpad na Kaapstad.

Die betonbrug is 350 m lank, 125 m hoog en het 4 bane vir verkeer.

Die brug is geopen 11 November 1971 en vervang die Van Stadensrivierpas.

Die Van Stadensrivierpas is gebou 1865 tot 1867, Thomas Bain projek, geteer in 1950’s. Die pas is vernoem na Marthinus van Staden , ń plaaslike boer wat die eerste persoon was wat ń pad deur die riviervallei afgebaken het.

Die pas word huidig veral deur toeriste gebruik.

Die Van Stadensrivier Brug het ń baie slegte reputasie gekry as die Selfmoordbrug of Brug van die dood. Slegs 12 dae na die opening van die brug was die eerste geval van selfdood en teen 2008 was daar al reeds meer as 70 gevalle. Huidig is daar waarnemingskameras opgerig, versperrings aan kante aangebring en selfs ñ hulp inbelsentrum om hierdie situasie aan te spreek.

Fotos:Gys Ströh snr Januarie 2020.

BLOUKRANSRIVIERBRUG

Enkelboogbrug langs die tuinroete op die grens tussen die Wes-Kaap en Oos-Kaap. Dit is die langste boogbrug in Afrika, 451 m lank en troon 216m bo die Bloukransrivier uit. Gebou Februarie 1980 tot Junie 1983.

Die B;oukransrivierbrug is bekend vir rekspronge, een van hoogste rekspronge ter wêreld.

Maak 'n opvolg-bydrae