Isolasie / Pandemie / Covid / Inperking

26 Maart 2020

Covid-19

Isolasie-tydperk begin in Suid-Afrika

Covid-19, Isolasie, Inperking, Kwarantyn, Korona. Dit is woorde wat skielik deel geword het van ons lewens.

Die koronavirus het die hele wêreld se grootste gemeenskaplike vyand geword.

“Desember 2019 het die Wêreldgesondheids- organisasie (WGO) bewus geword van ’n uitbreking van “longontsteking” in Wuhan, China, wat anders lyk as enige ander virusinfeksie wat aan medici bekend is.

In dieselfde week het Chinese dokters probeer om die lewe van ’n 61-jarige man in Wuhan te red, berig Bloomberg. Hy het aan erge longontsteking gely wat deur ’n onbekende virus veroorsaak is. Die medisyne kon nie sy longinfeksie beheer nie en sy bloed is deur ’n kunsmatige long gepomp – totdat hy in septiese skok gegaan het en sy lewensorgane ingegee het.

Die man is op 9 Januarie dood.

Dít was nie ’n gewone sterfgeval nie. Wuhan se stadsraad het daardie dag aangeteken as die een met die eerste amptelike sterfte aan die nuwe, dodelike koronavirus – ’n stam afkomstig uit die familie van koronavirusse wat gewoonlik gewone verkoues veroorsaak.” Netwerk 24

Kort daarna, op 30 Januarie 2020, het die WHO se internasionale gesondheidsregulasie–

noodkomitee (“International Health Regulations Emergency Committee”) aangekondig dat hierdie nuwe coronavirus voldoen aan die kriteria vir ‘n openbare gesondheidsnoodgeval van internasionale belang (“Public Health Emergency of International Concern” – PHEIC).Solidariteit

Niemand weet hoe die virus gaan versprei en die uiteindelike gevolge gaan wees nie.

Desperate pogings word wéreldwyd aangewend om verspreiding te keer en inderhaas word voorsiening gemaak vir massas siek mense.

Vrees en paniek hang oor meeste mense.

’n Nuwe normaal: Die nuwe normaal beteken dat jy masker dra en eers hande ontsmet voor jy enige gebou binnegaan. Selfs jou inkopies word ontsmet. Groepe mense word vermy. Groet op ñ afstand. Geen fisiese kontak.

Belaglike reëlings word in SA afgedwing soos bv drank en sigaret verkope wat verbied word, beweging oor provinsies se grense verbied, inklokreël saans ens.

Interessante pos op Facebook (Skrywer onbekend):

“Ons kleinkinders gaan dit in Geskiedenis leer, sal take moet maak.

Net sodat ons NOOIT vergeet …..

20 April 2020. Agter-kleinkinders gaan daaroor moet ” speech”.

-“Lockdown het begin 26 Maart 00:00 2020 vir 21 dae.

-Skole sluit 2 dae voor termyn 1 om is en op 17 Maart word alle skoolkinders beveel om huis toe te gaan terwyl die onnies spook en spartel om al die admin en stats betyds by hul Distrikte te kry.

– Week 2 van SA “Lockdown”

– verleng met nog 2 weke… Tot 30 April 2020

– Kan nie jou huis vir enige rede verlaat nie, behalwe vir noodsaaklike inkopies of mediese redes

– Die petrolprys R13.76 goedkoopste in ‘n lang tyd.

– Skool gekanselleer – ja gekanselleer…

– Selfafstandmaatreëls in plek.

-Kleefband op die vloere by kruidenierswinkels om kopers van mekaar te distansieer.

– Beperkte aantal mense binne winkels toegelaat, dus is rye buite die winkeldeure.

– Nie-noodsaaklike winkels en besighede is gesluit.

– Alle sport gekanselleer. Olimpiese Spele ook.

– Konserte-, toere, feeste, vermaaklikheidsgeleenthede gekanselleer.

– Troues, familievieringe, vakansie en byeenkomste gekanselleer.

– Kerke is gesluit.

– Geen kuiers met iemand buite jou huis nie.

– Kinders se buitespeelparke is gesluit.

– Tekort aan maskers, handskoene in die land.

– Paniekkoop, die gevolg, ons het geen toiletpapier, geen ontsmettingsmiddele, geen handdoekpapier geen wasseep, geen handsuiweringsmiddel.

– Die winkelrakke is leeg.

– R”

Ons kan nog ñ paar vreemdhede byvoeg:

Strate het skielik stil geword.

Staatsgeboue gesluit.

Net noodsaaklike dienste kon voortgaan met permitte.

Lughawens het stil geword.

Mense was gestrand in ander lande en waar hulle ool al was en nie betyds kon terugkeer huise toe nie.

Ek onthou: Ons woon naby ñ besige deurpad. Gewoond aan geluide van verkeer. Skielik middernag raak alles stil, doodstil, geen geluide van trokke, motors. Niks. Vreemde doodse stilte.

Mense dink vreemde en interessante dinge uit om hulleself binneshuis mee besig te hou.

Mense begin onder mekaar stry oor oorsprong. Samesweringsteorië

Inenting of nie?

Maak 'n opvolg-bydrae