Jonathan / Skilpad / St Helena / 1832 –

onathan 1832 – …..

(Bydrae deur Kobie Ströh)

Ouderdom: Ongeveer 188 jaar oud.

Jonathan, die skilpad wat reeds 2 Wệreldoorloë beleef het, Die Russiese Rewolusie, die Anglo Boereoorlog, die kroning van Queen Victora en nog vele meer. Daar is selfs fotos van Jonathan en Boerekrygsgevangenis op St Helena tydens die ABO. Gelukkig het hy hom nie aan al hierdie wệreldgebeure gesteur nie, sy lewe is ‘n rustige skilpadlewe op ‘n eiland in Atlantiese Oseaan.

Jonathan, ‘n reuse Seychelle skilpad is die oudste lewende landdier sover kennis strek.

JonathanWorld’s Oldest Reptile ([h/t Guinness World Records])

Species : Seychelles giant tortoise

Sex: Male

Hatched: c. 1832 (age 187)

Where Hatched : Seychelles[where?]

Owner: Government of Saint Helena

Residence: Saint Helena

Geboortedatum:

Niemand is seker van die presiese datum van Jonathan se geboorte nie. Daar word bereken dat dit ongeveer 1832 was, want toe hy na die St Helena eiland toe gebring was in 1882, was sy ouderdom geskat/bereken as reeds 50 jaar aangesien hy toe reeds ‘n volwasse uitgegroeide skilpad was.

Die Guinness World Records aanvaar sy geboortedatum as 1832.

Woonplek:

Jonathan leef op die eiland St.Helena en behoort aan die regering van St Helena. Hy het die voorreg om in die erf van die goewerneur van St. Helena te bly, waar hy sedert 1882 ongehinderd woon. Dié skilpad is ’n nasionale skat op die eiland St. Helena, wat onder beheer van die Britse Eilande val. Hy deel die grasperke met ander reuse skilpaaie o.a Emma en Fred.

Geskenk: Jonathan was ongeveer 50 jaar oud toe hy deur die goewerneur van die Seychelles in 1882 aan St. Helena gegee is tesame met 3 ander reuse skilpaaie (reeds dood).

‘However, it should be noted that other, contradictory, information exists. Governor Gallwey, writing some time after his term ended in the Journal of the Royal African Society, July, 1941, says:

“Two very interesting inmates of the Island, who lived in Government (a.k.a. Plantation) House grounds, were a couple of giant tortoises, weighing about 800 lbs. apiece. They had been presented to the Governor of the Island by the master of a sailing vessel in 1776, and were both going strong when I left the Island in 1911. They would walk away with the heaviest man on their backs without showing any signs of either disapproval or inconvenience. When I arrived in St Helena these two old inhabitants had been at Plantation for 126 years. What age they were when they first arrived, I do not know. One died a few years ago, but I am under the impression that one still exists. The couple, male and female, never raised a family.

It is generally accepted that Jonathan is the sole survivor of three giant tortoises that were imported to St Helena in the 18th and 19th Centuries. The first to arrive was a female, thought to have brought here from Mauritius in around 1776. A second tortoise is thought to have arrived, also from Mauritius, in around 1826, thought to be a male, to keep the female company (and possibly in the hope of breeding).

One of the original two – the ‘male’ from 1826, it is thought – died in 1877, cause of death unknown (this probably explains why Jonathan was brought here, arriving in 1882). Its shell was sent to the London Natural History Museum, where it was examined and pronounced to be female!

The c.1776 female died in 1918 when she fell over a cliff while attempting to lay eggs, breaking her shell. We have a 1914 photo of Jonathan and one of his former companions, which must be the female from c.1776. We don’t definitively know which is which, but we assume Jonathan to be the larger.”

Naam:

Nie een van die reuse skilpaaie het ‘n naam gehad nie. Jonathan was ook naamloos vir ‘n groot gedeelte van sy lewe en het eers in die 1930’s ‘n naam gekry. Goewerneur Spencer Davis (1932 – 1938) het aan hom die naam Jonathan gegee. Die oorsprong of rede van die naam is onbekend.

Spesie:

Jonathan is ‘n rare reuse Seychelles skilpad (Aldabrachelys gigantea hololissa), ‘n subspesie van die reuse Aldabra skilpad. (Aldabrachelys gigantea), ‘n spesie wat ernstig bedreigd is (ongeveer 80 oorblywendes versprei oor die aardbol danksy ernstige beskermingspogings en hulp met die uitbroei van eiers). Fossiele toon dat hierdie reuse skilpaaie volop op elke kontinent voorgekom het, maar grootliks uitgeroei is deur veral Europese seevaarders en matrose wat hulle gevang het as voedselbron vir die lang maande wat hulle op die skepe moes deurbring.

‘n Reuse Seychelles skilpad kan tot 300kg weeg en groei tot ongeveer 1.3 meter lank en kan tot 250 jaar oud word.

Jonger dae:

In sy jonger dae was Jonathan baie besig en aktief. Hy geniet mense se geselskap en reageer vinnig op sy naam veral as daar kos by betrokke is. Hy het dikwels ontsnap uit sy tuin uit en moes dan met ‘n draagbaar teruggedra word na sy tuiste in die tuin. Vermoedelik het hy ontsnap uit eensaamheid en op soek na ‘n maat. Sy ontwrigtende gedrag tydens Kroket spel op die grasperke en tennis spel deur op die balle te gaan sit het gelei daartoe dat daar vir hom twee maats aangekoop is. Emma en Fred.

Hy is nog steeds aktief en word dik

wels gesien dat hy paar met Emma en Fred, maar daar was nog geen nageslag vir Jonathan gebore nie (moontlik onvrugbaar). Die manewales van Jonathan veroorsaak dat hy dikwels weer op sy voete gehelp moet word as hy omval of afval.

Ouderdom:

Jonatham is koudbloedig en geniet die son. Hy sal sy lang nek en bene heeltemal uit sy dop strek om die son ten volle te geniet. Dit is ‘n eienaardige posisie en het menige een al laat alarm maak dat Jonathan dood is.

Jonathan het ‘n in 2015 – 2016 groot kommer veroorsaak toe hy begin verswak het. Sy eie privaat veearts is aangestel en die het vasgestel dat Jonathan feitlik blind is agv katarakke oor sy oë, hy het sy reukvermoë verloor en kan nie meer suksesvol kos soek nie. Dr Joe Hollins het ‘n spesiale gebalanseerde dieet aanbeveel wat gou vrugte afgewerp het en huidig is Jonathan weer springlewendig. Hy kry gereeld sy porsie vars vrugte en groente as aanvulling by die grassies waarvoor hy so lief is. . Sy voorkeur is piesangs, appels, koejawels, komkommer en wortel s. Hy stap nou weer flink rond en is nie meer so uitgeteer nie.

Dit is moontlik vir besoekers aan die eiland om Jonathan te besoek, maar daar geld streng maatreels. Niemand word meer toegelaat om op sy rug te ry soos in sy jonger dae nie.

As far as we know neither of the original tortoises had a name…but then Jonathan himself wasn’t named until the 1930s. And if you look at the 1860s photograph (above) you see two tortoises, of equal size. Our best guess is that the one that is not Jonathan is the c.1826 male/female that died in 1877.

Jonathan in 1942 with Governor Bain Gray (1941-1946).

Future King Edward VIII.

The above photo of Jonathan dates back to 1902, although his estimated birth date reaches as far back as 1832. This is decided upon by looking at the photo from 1902, in which Jonathan is a full grown tortoise, meaning he was at least 50 years old at the time the photo was taken. A little research indicates Jonathan was brought to the island of St Helena in 1882, where he still lives today.

Maak 'n opvolg-bydrae