MOTMUIS / Die groot avontuur van motmuis. Die begin no 1 tot 5

MOTMUIS
Die groot avontuur van motmuis.
Die begin no 1

WIE IS MOTMUIS?
Eendag lank lank gelede was daar ń klein klein motmuisie.
Elke dag het hy saam met sy mamma en pappa uitgevlieg om kos te gaan soek.
Motmuis is baie lief vir goggas.
Dit kraak so onder sy tandjies as hy dit hap.
Sy gunsteling is krieke.
Motmuis is baie nuuskierig.
Eendag vra hy vir sy mamma: “Mamma, hoekom is my naam Motmuis?”.
Mamma lag lekker en sê:” Motmuisie, my dierbare kind, dit is ñ interessante storie”

Foto’s en Sketse: Geleen vanaf Internet

Stories: Geskryf vir my kleinkinders gedurende Covid Grendeltyd 2020 – Kobie Ströh

MOTMUIS
Die groot avontuur van motmuis.
Die begin no 2

DIE GEBOORTE VAN MOTMUIS
“Motmuis, Motmuis kom eet jou wurmpappies. Die son kom op en dit is tyd om te gaan slaap.”

Maar eers gou vir jou ń storie vertel:

“Een aand lank lank gelede het ek en Pappa vlermuis rondgevlieg op soek na lekker goggatjies om te eet.
Toe sien ons ń mooi huis met helder ligte binne en om een van die ligte vlieg ń sappige groot mot.
Die glasdeure staan oop en ek vlieg gou gou in om die mot te gaan vang.
Op die bank sit ń mense mamna en pappa en 2 dogtertjies. Hulle kyk televisie.

Die grootste dogtertjie sien my raak en skree: Kyk daar! Kyk Pappa!  ‘n Motmuis!

Ek wil nog vir haar sê, nee, nee!
Ek is nie ń mot nie.
Ek is nie ń muis nie.
Ek is ń vlermuis.
maar die groot sterk pappa staan op en jaag my uit.
Sommer so met ń stok.
Daardie volgende dag is jy gebore my klein Motmuisie.”

Foto’s en Sketse: Geleen vanaf Internet

Stories: Geskryf vir my kleinkinders gedurende Covid Grendeltyd 2020 – Kobie Ströh

MOTMUIS
Die groot avontuur van motmuis.
Die begin no 3

MOTMUIS KRY SY NAAM

“Motmuisie, kom ek vertel jou nou hoe kry jy jou naam.

Ons vlermuise het mos maar almal dieselfde name:
Mamma vlermuis
Pappa vlermuis
Boetie vlermuis
Sussie vlermuis
Baba vlermuis
Oupa vlermuis
Ouma vlermuis
Tannie vlermuis
Oom vlermuis
Niggie vlermuis
Nefie vlermuis

Mense gee vir al hulle kinders mooi name.

Ek en Pappa vlermuis het gekyk na ons mooi nuwe Baba vlermuis. Ons het gedink dat hierdie baba sy eie naampie moet kry. Net soos mens babatjies.
Al die ander vlermuise in ons boom het lekker gelag vir hierdie idee van ons om ons baba ń naam te gee.

Skielik onthou ek die dogtertjie Abigail se mooi naam vir my : Motmuis.
Net daar besluit ons dat ons nuwe baba se naam Motmuis sal wees.

Nou Motmuisie, dit is hoe jy jou naam gekry het. ń Mens dogtertjie het jou naam uitgedink.”

Foto’s en Sketse: Geleen vanaf Internet

Stories: Geskryf vir my kleinkinders gedurende Covid Grendeltyd 2020 – Kobie Ströh

MOTMUIS
Die groot avontuur van motmuis.
Die begin no 4

MOTMUIS SE HUIS

“Pappa vlermuis, hoekom bly ons in hierdie huis se dak? “

“Motmuisie dit is ń plan wat ek gemaak het om Mamma Motmuis gelukkig te maak.
Mamma vlermuis was baie ongelukkig nadat sy in Abigail en Zoey se huis was.
Mamma vlermuis wou baie graag by hulle gaan bly het.
Hulle huis is so lekker warm met baie kos en speelgoed.

Maar jy weet Motmuisie, mense is anders as vlermuise:
Mense eet vleis, groente en vrugte.
Vlermuise eet goggas.
Mense slaap in die nag en werk in die dag.
Vlermuise slaap in die dag en werk in die nag.
Mense slaap in bedjies.
Vlermuise hang onderstebo en slaap.
Mense is bang vir vlermuise.
Vlermuise is bang vir mense.
Mense en vlermuise kan nie saam bly nie.

Toe maak ek ń plan.
Ek soek ń lekker veilige plekkie binne in die dak van die huis waarin die 2 dogtertjies bly .
Nou woon ons 3 lekker veilig en snoesig hier binne-in die dak.”

Foto’s en Sketse: Geleen vanaf Internet

Stories: Geskryf vir my kleinkinders gedurende Covid Grendeltyd 2020 – Kobie Ströh

MOTMUIS
Die groot avontuur van motmuis.
Die begin no 5

MOTMUIS LEER VAN GESKIEDENIS
SUID-AFRIKA

“Mamma, ek sien Ouma Kobie het ń aardbol.
Daar is sommer baie lande op die aardbol.
Afrika is die grootste land.
Ons bly onder aan die punt van Afrika.
Ek sien dit is Suid-Afrika.
Bly daar mense in die ander lande ook?”

“Motmuis, ja. Daar bly orals mense.
Hoe die mense in Suid-Afrika gekom het,  is ń interessante storie.
Ons noem dit geskiedenis.

Vanaand as ons klaar geslaap  het, sal ek jou begin vertel van Suid-Afrika se geskiedenis.”

Foto’s en Sketse: Geleen vanaf Internet

Stories: Geskryf vir my kleinkinders gedurende Covid Grendeltyd 2020 – Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae