Kinderlewe in Suid-Afrika / Deel 42 / Die Groot Trek 1836 -1838 / Mpande, die nuwe Koning van die Zoeloes

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 42

Die Groot Trek

1836 -1838

Mpande, die nuwe Koning van die Zoeloes

” Paul, gaan ons nou die res van ons gesteelde beeste en skape ook kan terugkry?

Almal kry nou hier plase in Natal en wil net begin boer.

Hulle het hulle diere nodig om te kan boer.

Ons woon darem nou al meer as 3 jaar so in ons ossewaens en die mense wil nou begin huise bou. Dit is moeilik om so in ń ossewa te woon.

Hierdie Natal is darem maar baie mooi.

Jammer dat ons so baie mense langs die pad moes begrawe.

Gelukkig is Dingaan nou vir altyd weg en die Zoeloes wat nou nog hier is, is vriendelik en nie ons vyande nie.”

“O nee Sussie. Ons kan nie te gerus wees nie.

Dingaan is net seergemaak.

Dingaan bly gevaarlik.

Dingaan probeer juis nou weer om ń nuwe stat bou en om sy vegters weer bymekaar te kry.

Hy het wel gesê hy gaan ons 19 000 beeste , perde, skape, gewere en die ander goed wat hy gesteel het teruggee.

Maar ons glo hom nie.

Mens kan Dingaan nie vertrou nie.”

” Maar Paul, Dingaan se boetie Mpande is dan nou die leier van die Zoeloes hier in Natal.Dingaan is nie meer die leier nie.

Mpande is dan ons Trekkers goedgesind hier in Natal.

Mpande en sy manne is ons vriende.

Wat sê Mpande daarvan dat Dingaan weer vegters bymekaar maak?”

” Mpande sê hy en sy manne gaan Dingaan keer voor hy weer begin moeilikheid maak.

Hulle het nou lank genoeg swaargekry onder Dingaan.

Dingaan was net so wreed teenoor sy eie mense.Hy en die duisende Zoeloes by hom hier in Natal gaan Dingaan aanval en hom finaal stop.

Mpande het gevra dat ons hom moet gaan help om Dingaan finaal te straf.

Ons manne het besluit om saam met Mpande te gaan om hom te help.”

“Julle moet baie versigtig wees.

Dingaan is baie slinks en gevaarlik.”

“Ons sal versigtig wees Sus Fientjie, moet nie bekommerd wees nie.

Die Here sal ons beskerm en lei.”

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir my kleinkinders : Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae