Geskiedenis van Suid-Afrika / Boek 2 / ‘n Nuwe volk ontstaan / No 8 / Vanne

Die groot avontuur van Motmuis

Die begin van Motmuis

http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

Motmuis leer van Suid-Afrika

VESTIGING AAN DIE KAAP

BOEK1

Vestiging aan die Kaap (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/) tot deel 26

Geskiedenis van Suid-Afrika

NUWE VOLK ONTSTAAN

BOEK 2

ń Nuwe volk ontstaan no 8

VANNE

“Mamma Vlermuis, weet Mamma dat mense almal name en vanne het? Hoekom het die mensekinders almal name en vanne? “

“Motmuis, duisende jare gelede het die mense maar almal daar bymekaar in Europa gewoon.

Hulle kon nie eintlik lees en skryf nie.

Net die koning se eie mense kon leer lees en skryf.

Die ander mense was arm en moes hard werk om aan die lewe te bly.

Die mense raak toe al hoe meer daar in Europa.

Toe raak hulle maklik deurmekaar omdat soveel mense dieselfde name het.

Die koning sê toe vir al die mense in sy land hulle moet vanne kies.

Die pappa moet ń van kies en dan kry sy vrou en sy kinders dieselfde van.

Nou dit was nogal ń moeilike ding om te kies.

Party mense het toe vanne gekies soos die plek waar hulle bly, hoe hulle lyk, hulle pappas se name en al sulke dinge.

Meeste mense het hulle werk gekies want dit is in elk geval hoe hulle mekaar geken het.”

“Dit is nou interessant Mamma.

So elke van beteken eintlik iets.”

“Motmuis, jy is reg.

Elke van het iets beteken .

Vanne sê iets van die kinders se voorvaders.

Maar vandag is dit nie meer so nie.

Kinders kry maar hulle pappa se van. “

“Mamma , het ons ook ñ van?”

“Ai Motmuis, ons is vlermuise. Ons het nie name en vanne nie.”

“Ek is tog ñ spesiale vlermuis!

Ek het ñ naam!

My naam is Motmuis!”

Fiktiewe verhale uit die geskiedenis. Geskryf deur Kobie Ströh vir ons kleinkinders gedurende die Covid isolasietyd.

Foto’s en illustrasies: Geleen uit Internet

Maak 'n opvolg-bydrae