Geskiedenis van Suid-Afrika / Boek 2 / ‘n Nuwe volk ontstaan / No 7 / Afrikaners in Suid-Afrika

Die groot avontuur van Motmuis

Die begin van Motmuis

http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

Motmuis leer van Suid-Afrika

VESTIGING AAN DIE KAAP

BOEK1

Vestiging aan die Kaap (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/) tot deel 26

Geskiedenis van Suid-Afrika

NUWE VOLK ONTSTAAN

BOEK 2

ń Nuwe volk ontstaan no 7

AFRIKANERS IN SUID-AFRIKA

“So Mamma Vlermuis, in die mensekinders wat hier onder ons huis bly, se are loop Hollandse, Duitse, Franse en Engelse bloed.

Hulle praat Afrikaans.

Hulle is gebore in Suid-Afrika

Hulle woon in Suid-Afrika

Hulle is ware Afrikanerkinders.

Mamma Vlermuis, het ons ook Duitse, Hollandse, Franse en Engelse bloed in ons are? “

“O nee, Motmuis. Ons voorvaders is almal vlermuise hier uit Afrika.

Ek glo nie vlermuise kan so ver vlieg nie.

Ek glo ook nie ń vlermuis kon so lank iewers op ń skip wegkruip nie.

Jy sien Motmuis, ons voorvaders kom uit Afrika.

Ons is insekvretende vlermuise van Afrika.”

“Mamma nou verstaan ek.

Die nuwe volk wat hier in Suid-Afrika omtstaan het, is Afrikaner mense.

Ons is vlermuise. Mense is bang vir ons vlermuise. Hoekom is mense bang vir ons vlermuise? Ons eet tog net goggas. “

Fiktiewe verhale uit die geskiedenis. Geskryf deur Kobie Ströh vir ons kleinkinders gedurende die Covid isolasietyd.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae