Geskiedenis van Suid-Afrika / Boek 2 / ‘n Nuwe volk ontstaan / No 14 / Shaka en Dingaan

Die groot avontuur van Motmuis

Die begin van Motmuis

http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

Motmuis leer van Suid-Afrika

VESTIGING AAN DIE KAAP

BOEK1

Vestiging aan die Kaap (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/) tot deel 26

Geskiedenis van Suid-Afrika

NUWE VOLK ONTSTAAN

BOEK 2

ń Nuwe volk ontstaan no 14.

SHAKA EN DINGAAN

“Motmuis, nou moet ek eers vir jou vertel van die wreedse dinge wat in Afrika gebeur het, sommer so naby die Kaap.

Terwyl die mense in die Kaap al hoe meer Afrikaans begin word het, het daar tragiese dinge plaasgevind in die suide van Afrika. Hier waar ons ook bly.

Orals het klein groepies swart mense gewoon.

Veskillende stamme.

Hulle het in statte gewoon.

Families het bymekaar gewoon met ń hoofman of ń koning wat oor hulle regeer het.

Hulle het ook baie rondgetrek na waar daar kos/gras vir hulle diere was.

Die verskillende groepe swarte mense het baie met mekaar baklei en mekaar sommer aangeval.

Een groep swarte mense het sterker en meer geword as die ander.

Hulle het die klein statjies aangeval.

Die vrouens en kinders vir hulle gevat.

Die mans het hulle sommer doodgemaak.

Dit was die Zoeloes.

Toe kry hierdie Zoeloes ń baie sterk en baie slim, maar ń baie wrede leier.

Sy naam was Shaka.

Hy het die seuns en jong mans geleer om oorlog te maak.

Hy stuur hierdie soldate van hom om al die swart stamme uit te wis in die suide van Afrika.

Hulle het dit reggekry en in die hele suide van Afrika het baie min swart stamme oorgebly.

Die slim mense noem dit die Mfecane of Dificane wat beteken uitmoor van mense.

Hierdie Zoeloes het toe in Natal gaan bly.

Almal was baie bang vir die wrede Zoeloes.

Nie lank nie, toe vermoor Dingaan sy boetie Shaka en hy word toe die Koning van die Zoeloes.

Dingaan was nog wreder as Shaka en het voortgegaan om al die ander stamme dood te maak.”

“Ag nee Mamma.

Dit is ń lelike storie hierdie.”

“Ek weet Motmuis.

Maar geskiedenis is nie altyd mooi nie.

Daar het lelike goed gebeur.

Mense maak foute en verkeerde besluite.

Ons moet dit weet sodat ons nie dieselfde foute maak nie.”

Fiktiewe verhale uit die geskiedenis. Geskryf deur Kobie Ströh vir ons kleinkinders gedurende die Covid isolasietyd.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae