Geskiedenis van Suid-Afrika / Boek 2 / ‘n Nuwe volk ontstaan / No 15 / Die Boere trek weg

Die groot avontuur van Motmuis

Die begin van Motmuis

http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

Motmuis leer van Suid-Afrika

VESTIGING AAN DIE KAAP

BOEK1

Vestiging aan die Kaap (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/) tot deel 26

Geskiedenis van Suid-Afrika

NUWE VOLK ONTSTAAN

BOEK 2

ń Nuwe volk ontstaan no 15

DIE BOERE TREK WEG

“More Mamma. Dit word nou koel in die nagte.”

“Ja Motmuis, dit is herfs. Die blare van die bome word geel en val af.

Die winter is naby.

Dan slaap ons weer sommer vir weke aanmekaar.”

” Mamma het mos laas vir ons vertel van die grensboere se probleme daar in die Kaap.

Wat het die boere toe gedoen?”

“Motmuis. Die boere het baie gesukkel.

Die skelm amptenare van Holland en later ook van Engeland het self vir hulle plase gevat en eerste hulle produkte soos groente en vrugte aan die skepe verkoop.

Hulle het baie geld gemaak en skatryk geword.

Die boere het maar arm gebly want hulle kon nie hulle goed verkoop kry nie.

Engeland het die Kaap sommer kom vat en gesê nou moet almal Engels praat.

Niemand mag meer Afrikaans of Hollands praat nie.

Tot in die kerke het Engelse predikante gepreek.

In die skole moes al die kinders Engels praat.

As hulle Afrikaans gepraat het, het hulle ń bord om die nek moes dra wat së : Ek is ń donkie. Dan het almal hulle gespot.

Engeland het ook gesê slawe mag nie meer by die boere werk nie.

Nou het die boere ook nie meer helpers gehad nie al het hulle baie betaal vir hulle slawe.”

“Arme boere. Hulle was seker baie kwaad.”

“Hulle was baie ongelukkig.

Toe gebeur daar nog iets ergers.

Onthou ek het vertel hoe die Xhosas die boere aanval en al hulle vee steel.

Die Engelse regering sê toe hulle mag nie die Xhosas gaan straf en hulle gesteelde vee gaan terugvat nie. “

“Dit was onregverdig Mamma. Die Xhosas het dan tot van die grensboere doodgemaak en nou mag hulle nie gestraf word nie.

Wat doen die boere toe? “

“Motmuis. Die boere besluit toe om te trek.

Hulle gaan al hulle goed op ń ossewa pak en diep in Afrika intrek.

Hulle gaan trek tot daar waar geen Engelse regering is nie en daar begin boer. “

“Dit was gevaarlik om in Afrika in te trek Mamma.”

“Dit was, maar hulle was baie baie dapper mense.”

“Ek weet Mamma. Nou moet ek Paul en Fientjie se stories gaan lees. Dit is mos oor die Groot Trek.”

” Jy is reg Motmius.

Paul en Fientjie het saam met hulle mamma en pappa diep in ñ vreemde wilde Afrika ingetrek.

Gaan lees die stories.”

Groot Trek Deel 1 tot Deel 44.:

http://monument-sa.co.za/kinderlewe-in-suid-afrika-deel-1/

Fiktiewe verhale uit die geskiedenis. Geskryf deur Kobie Ströh vir ons kleinkinders gedurende die Covid isolasietyd.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae