Geskiedenis van Suid-Afrika / Boek 2 / ‘n Nuwe volk ontstaan / No 13 / Die Kaap word Engels

Die groot avontuur van Motmuis

Die begin van Motmuis

http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

Motmuis leer van Suid-Afrika

VESTIGING AAN DIE KAAP

BOEK1

Vestiging aan die Kaap (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/) tot deel 26

Geskiedenis van Suid-Afrika

NUWE VOLK ONTSTAAN

BOEK 2

ń Nuwe volk ontstaan no 13

DIE KAAP WORD ENGELS

“Motmuis, vandag wil ek julle vertel hoe die Hollandse Kaap Engels geword het.

Die mense in die Kaap het nog steeds meer en meer geword.

Die boere het hard gewerk op hulle plase.

Die boere het vee en groente en vrugte voorsien aan al die mense in die Kaap.

Die kos is dan aan die die skepe verkoop wat tussen Europa en Indië om die Kaap gevaar het.

Hollandse skepe, Franse skepe en Engelse skepe het vars water en vars kos gekoop vir hulle matrose.

Die mense het al hoe meer Afrikaans begin praat.

Toe kom daar oorlog in Europa.

Engeland en Frankryk en ook Holland begin baklei.

Engeland sien dat daar lekker geld gemaak kan word in die Kaap.

Engeland stuur ń klomp soldate Kaap toe om die land vir Engeland te kom vat.

Ons noem dit annekseer.

Engeland annekseer die Kaap vir Engeland.

Die Kaap is nie meer Hollands nie.

Die Kaap is nou Engels.

Niemand mag meer Hollands in die Kaap praat nie.

Niemand mag meer daardie kombuis-Hollands (Afrikaans) praat nie.

Die skole en kerke moet nou Engels word.”

“Sjoe Mamma. Die mense was seker baie kwaad daaroor.”

“Ja Motmuis, veral die grensboere was baie ontevrede hieroor.

Hulle het alreeds so baie probleme gehad met rowers en diewe.

Nou nog hulle taal ook verloor.”

“Mamma, wat het die grensboere toe gedoen?”

“Dit Motmuis, vertel ek later vir jou…”

Fiktiewe verhale uit die geskiedenis. Geskryf deur Kobie Ströh vir ons kleinkinders gedurende die Covid isolasietyd.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae