Geskiedenis van Suid-Afrika / Boek 2 / ‘n Nuwe volk ontstaan / No 12 / Grensboere

Die groot avontuur van Motmuis

Die begin van Motmuis

http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

Motmuis leer van Suid-Afrika

VESTIGING AAN DIE KAAP

BOEK1

Vestiging aan die Kaap (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/) tot deel 26

Geskiedenis van Suid-Afrika

NUWE VOLK ONTSTAAN

BOEK 2

ń Nuwe volk ontstaan no 12

GRENSBOERE

“Mamma Vlermuis, kon die boere in die Kaap darem toe hulle probleme met die skelm Goewerneurs en hulle mense oplos? “

“Nee Motmuis.

Die boere het al hoe swaarder gekry.

Die boere wat plase gehad het so ent weg van Kaapstad af het nou in groot gevaar geleef.

Daar het nou ń groot groep mense, Xhosas, ook in die Oos-Kaap kom bly.

Hulle wil nie hê die boere moet daar boer nie.

Hulle val die boere aan.

Hulle steel die boere se beeste en skape.

Hulle maak die boere en hulle vrouens en kinders dood.

Die Xhosas wil nie die land deel met die boere nie.

Dit was baie gevaarlik om ń grensboer te wees en niemand wou hulle help of beskerm nie.”

“Mamma, wat is ń grensboer?”

“Motmuis, dit is boere wat plase het op die grens tussen dele waar boere bly en dele waar die Xhosas bly.

Daar was nou oorlog tussen die Xhosas en die boere.”

“Mamma, dit is nou interessant.

Die arme grensboere”.

Fiktiewe verhale uit die geskiedenis. Geskryf deur Kobie Ströh vir ons kleinkinders gedurende die Covid isolasietyd.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae