Geskiedenis van Suid-Afrika / Boek 2 / ‘n Nuwe volk ontstaan / No 11 / Probleme in die Kaap

Die groot avontuur van Motmuis

Die begin van Motmuis

http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

Motmuis leer van Suid-Afrika

VESTIGING AAN DIE KAAP

BOEK1

Vestiging aan die Kaap (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/) tot deel 26

Geskiedenis van Suid-Afrika

NUWE VOLK ONTSTAAN

BOEK 2

ń Nuwe volk ontstaan no 11

PROBLEME IN DIE KAAP

“More Mamma Vlermuis.

Die storie van Antjie Somers en die spookskip Die Vlieënde Hollander was nou baie interessant.

Wat het toe verder in die Kaap met hierdie mense gebeur?”

“Motmuis, die mense het nogal lekker in die Kaap gewoon.

Jan van Riebeeck het ń nuwe werk gekry op die eiland Batavië en hy en sy vrou en kinders het soontoe vertrek.

Nou het die Here XVII (Here 17) nuwe ‘n kommandeur Kaap toe gestuur.

Die nuwe kommandeur en sy helpers was nie sulke goeie mense soos Jan van Riebeeck nie.

Hulle was maar skelm en gierig.”

“Wat is gierig Mamma?”

“‘Dit Motmuis is wanneer jy reeds baie het en nog meer en meer wil hê.

Jy gee niks om vir arm mense wat niks het nie. Jy vat vir jouself te veel.”

“”Mamma, dit is mos nie mooi nie.

Dit is verkeerd.”

” Jy is reg Motmuis.

Dit is sonde om gierig te wees.

Toe raak party mense in die Kaap baie ryk en sommer baie skelm ook.

Die Boere werk hard en dan koop die Kommandeur hulle vrugte en groente en vleis vir ń klein bietjie geld.

Die Kommandeur verkoop dan hierdie vleis en groente aan die skepe vir baie geld.

Die boere mag niks self aan die skepe verkoop nie, net die Kommandeur mag verkoop.

Die boere sukkel en is arm en doen al die werk.

Die Kommandeur se mense is lui en skelm en raak al hoe ryker.

Hulle trek die mooiste en duurste klere aan.

Hulle kry almal slawe wat al hulle werk vir hulle doen.

Slawe moes sowaar tot die ryk mense was en aantrek.

Al wat die ryk mense doen is kuier en teedrink.

Die ryk mense is tot te lui om te loop en slawe moet hulle op stoele ronddra.

In die Kasteel word groot partytjies gehou en net die rykste mense word uitgenooi.

Hulle ry in koetse rond wat met goud versier is.

Die Kommandeur se mense het baie lekker geleef.”

” Mamma, dit is mos nie reg nie.

Die boere op die plase kry swaar.

Hulle werk hard.

Maar hulle bly arm.”

“Ja Motmuis. Die boere was baie ontevrede.”

Fiktiewe verhale uit die geskiedenis. Geskryf deur Kobie Ströh vir ons kleinkinders gedurende die Covid isolasietyd.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae