Geskiedenis van Suid-Afrika / Boek 2 / ‘n Nuwe volk ontstaan / No 10 / Die Vlieënde Hollander

Die groot avontuur van Motmuis

Die begin van Motmuis

http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

Motmuis leer van Suid-Afrika

VESTIGING AAN DIE KAAP

BOEK1

Vestiging aan die Kaap (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/) tot deel 26

Geskiedenis van Suid-Afrika

NUWE VOLK ONTSTAAN

BOEK 2

ń Nuwe volk ontstaan no 10

DIE VLIEËNDE HOLLANDER

“Kinders, Ouma Vlermuis wil vandag vir julle ń spookstorie vertel.

ń Storie van ń spookskip.

ń Spookskip wat sommer so in die dag skielik op ń ander skip afpeil en elke keer die ander skip net net mis.

Die matrose op skepe is baie bang vir hierdie skip.

Mense wat op die strand was, het ook al die spookskip gesien.

Die spookskip se seile bol in die wind, al waai daar geen wind nie.

Op die spookskip staan ń man met swart klere aan met sy vuis in die lug.

Die spookskip se naam is die Vlieënde Hollander.”

” Ouma Vlermuis, waar kom die spookskip vandaan? Wat soek hy?”

“Motmuis, lank gelede in 1600’s was daar ń Hollande skip.

Die skip se naam was die Vlieënde Hollander.

Die skip was volgelaai met sy en speserye van Indië af.

Die kaptein se naam was Henderik van der Decken.

Hy was nogal ń aaklige man.

Dit was Paastyd.

Toe die Vlieënde Hollander by Kaappunt se hawe wil invaar, steek daar ń lelike storm en sterk wind op.

Die matrose sê vir Kaptein Henderik dit is te gevaarlik om in so ń storm in Kaap se hawe in te vaar.

Die skip gaan teen die rotse stukkend breek.

Die Kaptein stamp sommer die matrose wat kla van die skip af binne in die see in.

Hulle verdwyn sommer dadelik in die reuse golwe.

Die golwe en die wind is woes en gooi die skip heen en weer.

Die storm word erger en erger, maar die Kaptein wil dadelik in die hawe invaar.

Die Kaptein word so kwaad dat hy sy vuis in die lug steek na die stormwolke toe, vloek sommer en sê” Ek sal om hierdie vevloekte Kaap vaar, al moet ek vir ewig hier vaar.”

Kaptein Hennerik het skaars klaar gevloek of ń weerligstraal slaan die skip middeldeur en die Vlieënde Hollander sink sommer dadelik.

Party matrose kon darem met ń reddingsbootjie wegkom tot op die strand .

Hulle kon die storie aan die mense in die Kaap vertel.

Die skip en al die ander matrose het net verdwyn.

Net so nou en dan, met paastyd, verskyn die spookskip, die Vlieënde Hollander , en verdwyn net weer so vinnig.”

“Ouma, nou weet ek hoekom daar ń man met swart klere aan op die skip se dek staan.

Ek weet ook hoekom hy met sy vuis in die lug staan.

Dit is omdat hy lelik was en gevloek het en nie vir die matrose wou luister nie.

Dit is omdat hy nie gebid het nie, maar eerder gevloek het.

Nou vaar hy vir altyd op daardie spookskip, Die Vlieënde Hollander. “

Fiktiewe verhale uit die geskiedenis. Geskryf deur Kobie Ströh vir ons kleinkinders gedurende die Covid isolasietyd.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae