NG Kerk Waterberg / Nylstroom

Nederduits Gereformeerde Kerk Waterberg

Nylstroom

Die Witkerk

Die NG Gemeente Waterberg is reeds in 1860 gestig.

Die eerste jare was maar worsteljare vir die pioniers en vele struikelblokke moes deur die jare oorkom word.

Gelukkig het hierdie moedergemeente oorleef en sterker en kragtiger geword en is tans nog ñ lewendige geseënde gemeente.

Die beginjare is gekenmerk deur ñ skaarste aan predikante.

Eers in 1890 het die eerste predikant, Ds DJ Viljoen die beroep na Waterberg Gemeente aangeneem. Ongelukkig vertrek hy weer na net 2 jaar en vir 7 jaar was die gemeente weer sonder ñ vaste predikant. Ds JL du Preez aanvaar in 1899 die beroep en sedertdien was daar ñ reeks vaste predikante in hierdie groot groeiende gemeente.

Ds Steenkamp wat in 1920 as hulppredikant hier aangestel was het in sy dagboek geskryf dat hierdie uitgestrekte gemeente ” so groot soos die hele Vrystaat uitgestrek het.”

Adv JH Strijdom was ook ñ lidmaat van NG Kerk Waterberg.

DIE WITKERK

Die trots van hierdie gemeente Waterberg en van Nylstroom is hierdie besonderse kerkgebou.

Netjies onderhou en telkens gerestoureer deur die jare.

Die gebou is opgerig 1898/1899.

Hoeksteen is gelê deur Kommandant Generaal Piet Joubert 10 April 1898 tydens ñ groot feesgeleentheid.

Die kerkgebou is ingewy 1899, kort voor die uitbreek van die ABO.

Die kerkgebou is in die vorm van ñ kruis gebou (kruiskerk) met handgemaakte kleistene.

Die vensters was loodglasvensters in houtrame.

Die hout het begin verweer en is vervang met staalrame.

Ongelukkig het die gewig daarvan die een symuur laat kantel, maar die gemeente het gou ingespring en die muur herbou.

Die res van die gebou is nog van die oorspronklike kleistene gebou.

1940 is galerye aangebring om meer sitplek te verskaf aangesien mense dikwels moes omdraai omdat kerk stampvol was.

Die gemeentelede het gekla dat die galerye hulle uitsig belemmer het.

Die besonderse preekstoel wat hoog gestaan het en die oorhangende galery het veroorsaak dat agterste besoekers nie die predikant kon sien nie.

Na deeglike kopkrap is besluit om die preekstoel in die grond in te laat sak. Sodoende is daar nie verander aan die preekstoel nie.

Die kanselkleed wat bo gehang het, is ook laat sak tot voor die preekstoel om sodoende die mooi houtwerk bo aan die preekstoel bloot te stel.

1956 is ñ besonderse Walker orrel geïnstalleer, die grootste orrel noord van Pretoria.

Interessant is dat die orrelis van buite trappe gebruik moet maak om by orrel uit te kom. Van binne die gebou is daar nie toegang nie.

Die orrel was aanvanklik agter die preekstoel, maar is later verskuif tot agter op die galery.

Soos feitlik elke ding in en om hierdie kerkgebou ñ storie het om te vertel, het die klok ook interessante paaie geloop voordat dit weer hier langs die kerkgebou opgerig is. Oorspronklik was die klok op ñ houtstellasie langs die gebou.

Die klok is later verkoop. Vele jare later is die klok op ñ plaas buite Harrismith opgespoor en teruggebring waar dit op dieselfde plek, maar nou in ñ geboude toring wat die 100 jaar bestaan van die kerkgebou in herinnering roep.

Kortliks:

1860 Gemeente Waterberg gestig

1898 Hoeksteenlegging

1899 Inwyding van Kerkgebou

1940 Galerye aangebring

1951 Kerkgebou opgeknap

Toringhorlosie en kerkklok

1956 Orrel in gebruik geneem

1992 Kerkgebou gerestoureer

1994 Ontbrekende pype van orrel bygevoeg

1998 Pilare in kerk verwyder.

Orrel verskuif

100 jaar vieringe

Gedenktoring opgerig

Foto’s: Gys Ströh snr Augustus 2023

Maak 'n opvolg-bydrae