Transvaal / Wapen / ZAR

Die amptelike wapen as heraldiese simbool van die Transvaal Republiek :

1866 – 1877

1881 – 1902

as Transvaal Provinsie: 1954 – 1994

18 Februarie 1855 is die inhoud van die Staatswapen reeds deur die Volksraad bepaal.

Eers in 1866 het die eerste interpretasie daarvan op die banknote veskyn. ‘n Rowwe weergawe wat van 1866 tot 1872 op banknote en die Staatskoerant verskyn het,

1869 is’n beter weergawe op die Republiek se possëls gedruk en dit het die definitiewe weergawe geword.

Verskeie weergawes en verbeterings is mettertyd aangebring voor die wapen finaal 8 Augustus 1857 deur die Administrateur aanvaar is. Op hierdie wapen kyk die arend na regs, en die die leeu kyk nou na vore, na die kyker toe en nie meer na die skild toe nie. Die grawe en latere spiese onder is ook vewyder. ‘n Groot fout is ook herstel: In plaas van ‘n transportwa is die wa vervang met ‘n Voortrekkertipe-wa.

Op die Transvaal Wapen is ‘n groot skild in 2 halwes verdeel.

Die boonste helfte is weer in 2 verdeel. Linkerdeel in rooi met ‘n goue leeu daarop. Langsaan ‘n blou deel met ‘n burger geklee in volksdrag, bebaard en ‘n tipiese boerehoed op die kop. Veggereed met sy geweer in die hand. Die geweer se kolf rus op die grond.

Die onderste helfte in groen met ‘n wa in natuurlike kleure.

In die middel van die skild, die hart van die skild, is ‘n swart anker met ‘n rooi kabel.

Bo-op die skild staan ‘n swart adelaar, arend, met oopgespreide vlerke.

Onderaan die skild ‘n wit lint met die woorde: EENDRAGT MAAKT MAGT

Agter die skild, weerskante, is 3 vlae gedrapeer die ZAR vlag, Die Vierkleur, Rooi, wit en blou horisontaal en groen vertikaal.

Maak 'n opvolg-bydrae