Nylstroom / Konsentariekamp Begraafplaas / CF Beyers / Simboliese Ossewatrek / Oorloggedenkteken

CF Beyers

Nylstroom

Konsentrasiekamp Begraafplaas

Ander Gedenkstene by die Nylstroom Konsentrasiekamp Begraafplaas

Simboliese Ossewatrek

Kanon en Oorloggedenkteken

1. SIMBOLIESE OSSEWATREK

1938 tydens die Simboliese Ossewatrek ter herdenking aan die 1838 Groot TREK besoek van die Ossewaens Nylstroom.

Om hierdie geleentheid te onthou trap die besoekende waens spore in nat sement by die Konsentrasiekamp Begraafplaas.

Die waspore, voetspore en spore van osse is simbolies vir die Pad van Suid-Afrika.

Die pad vorentoe.

2. KOMMANDANT GENERAAL

CF BEYERS 1869 – 1914

Gebore en grootgeword in die Kaap.

Verhuis na ZAR as jong man en word ZAR burger.

Met uitbreek van ABO sluit hy hom by vegtende burgers aan en sy onverskrokke waagmoed word gou raakgesien.

Hy blink uit in gevegte en toon dat hy ñ gebore militêre leier is en word 1900 aangestel as Assistent Generaal van die distrikte Waterberg en Soutpansberg, 2de hoogste rang in die ZAR.

Beyers is ñ streng leier, onbekwaamheid is vir hom onverskoonbaar.

Hy herorganiseer en mobiliseer die noordelike kommando en raak van onbekwame offisiere ontslae.

Tydens die latere guerilla-fase van die oorlog volg hy en kleiner groepies burgers die aanval-en-vlug metode tot groot irritasie van die Britte.

As afgevaardigde neem Genl Beyers deel aan die samesprekinge vir die Vrede van Vereeniging.

Na die oorlog tree VF Beyers sterk as volksleier na vore en word in 1912 aangestel as die eerste Kommandant Generaal van die Unie van Suid-Afrika.

Hy lê die grondslag vir Suid-Afrikaanse weermag, ook groot rol gespeel in vorming van die lugmag.

Medeburgers het Beyers beskryf as n vurige patriot, diep godsienstig, ñ groot Christen-Afrikaner na wie mense opgesien het.

Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog is hy nie ten gunste van die kabinetsbesluit om Duits-Suidwes Afrika binne te val nie.

Hy protesteer teen hierdie oorlogsbesluit en bedank as Kommandant Generaal. Hy raai die burgers aggressiewe optrede af.

Beyers is teenwoordig toe Generaal De la Rey by Langlaagte deur die polisie doodgeskiet is.

Hoewel Beyers en groepie manne by hom teen aktiewe rebellie gekant is en rebelle probeer afraai teen aggressiewe optrede, word hy en sy manne deur Regeringstroepe uitmekaar gejaag en vasgekeer teen die walle van die Vaalrivier in vloed.

In ñ poging om te ontsnap swem 2 manne deur die rivier, ene Pieterse en CF Beyers.

Pieterse verdrink en Beyers, ñ kragtige swemmer, swem terug na die wal waar sy manne reeds die teken van oorgawe gegee het.

Die Regeringstroepe staak vuur, maar net toe CF Beyers uitklim, klap ñ skoot en Beyers verdwyn onder water.

Sy lyk is eers 2 dae later stroomaf opgespoor, sy bandolier nog vol.

Hy het nie een enkele skoot afgevuur nie, dit was ondenkbaar vir hom gewees om op sy eie volksgenote te skiet.

Die bevinding van die dokter was dat hy verdrink het.

Die burgers het egter geglo dat hy geskiet is, maar kon niks bewys nie.

CF Beyers se naam is dadelik gekoppel aan mense soos De la Rey en Jopie Fourie.

Almal slagoffers van die Botha-Smuts Beleid.

Voor die munisipale kantore van Nylstroom is ñ borsbeeld van CF Beyers opgerig, die man wat so ñ groot rol in die Waterberge en Soutpansberg gespeel het.

2008 is hierdie borsbeeld daar vewyder en heropgerig by die Nylstroom Konsentrasiekamp Begraafplaas, langs die Konsentrasiekamp Gedenksteen.

3. KANONNE, OORLOG,.WEERMAG, GRENSOORLOG, BOSOORLOG

Heel gepas, langs Kommandant Generaal CFBeyers se borsbeeld het die MOTHS ñ weermaggedenkteken opgerig vir die troue soldate wat vir volk en Vaderland geveg het.

Soldate in aksie op die steen gegrafeer.

Die 2 kanonne voor wat waaksaam oor Nelspruit uitkyk.

“Wanneer u huiswaarts keer,

Vertel hulle dat ons

Reeds vandag hulle

More verseker het.”

Ons ryke Geskiedenis.

Foto’s Gys Ströh snr Augustus 2023

Maak 'n opvolg-bydrae