Gereformeerde Kerk / Nylstroom / Doppers

Gereformeerde Kerk Waterberg

Nylstroom

Die Klein Kerkie

Kerkmuseum

Gereformeerde Kerk Waterberg

Die Gereformeerde Kerk Waterberg is in 1859 gestig, in die stigtingsjaar van die Gereformeerde Kerk.

Die Gereformeerde Kerk is 11 Februarie 1859 te Rustenburg gestig deur Ds Dirk Postma.

DIE GEREFORMEERDE KERKGEBOU WATERBERG

DIE KLEIN KERKIE

Die gemeente is gestig 1859.

Aanvanklik is dienste gehou op die plase Vaalkop en Tweefontein.

1885 word besluit om ñ eie kerkgebou op te rig op ñ sentrale punt op die dorp Nylstroom en begin die gemeente om fondse in te samel daarvoor.

Die hoeksteen van die kerkgebou word op 12 April 1889 gelê, 2 dae na die Hoeksteenlegging van NG Kerk Waterberg (10 April 1889).

Die inwyding van die gebou 24 November 1889, Pres Paul Kruger was met hierdie inwyding teenwoordig.

Tydens die ABO word die kerk as hospitaal vir die Konsentrasiekamp gebruik en die konsistorie as lykshuis.

Die klein kerkie moes later vergroot word en is 17 Oktober 1975 as Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar.

DIE NUWE KERKGEBOU GEREFORMEERDE KERK WATERBERG

1926 besluit die Gereformeerde Gemeente Waterberg om ñ nuwe gebou op te rig aangesien die oorspronklike kerkie te klein geword het. Die droogte veroorsaak dat die bouery uitgestel word tot 1929.

Die nuwe kerk se argitek was Gerard Moerdijk wat ook die Voortrekkermonument ontwerp het. Moerdijk gebruik die bouplan van die Gereformeerde Kerk Bronkhorstspruit as basisplan vir hierdie nuwe kerk.

27 September 1929 word die hoeksteen gelê en 18 April 1930 word die nuwe gebou in gebruik geneem. Later word die paraffienlampe vervang met elektriese ligte en die oorspronklike sinkdak met ñ grasdak vervang wat later weer met ñ teëldak vervang is.

Uitstaande van hierdie pragtige gebou is die 8-hoekige toring met sy koepeldak en horlosie.

DIE KLEIN KERKIE

KERKMUSEUM

Die ou oorspronklike kerkgeboutjie neffens die groot kerkgebou van Gereformeerde Gemeente Waterberg word ingerig as ñ Kerkmuseum.

Amptelik die oudste kerkgebou noord van Pretoria.

Februarie 2009 word hierdie museum amptelik geopen as deel van die herdenking van die 150 jaar bestaan van die Gereformeerde Kerk en ook hierdie gemeente.

Interessante tematiese uitstallings kan hier besigtig word.

Hier word ñ volskaalse replika van die wêreld se eerste drukpers bewaar, die Gutenberg Drukpers waarop die eerste Bybels gedruk was. Hierdie drukpers word tans gebruik om boekmerke mee te druk.

Foto’s Gys Ströh snr Augustus 2023. Rudi van Wyk Facebook Monumente Blad..

Samesteller Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae