Gereformeerde Kerk / Die Moot / Remhoogte / Gereformeerde Kerk Hartbeespoort / Schoemansville

Gereformeerde Kerk Hartbeespoort

SCHOEMANSVILLE

Schoemansville

Hartbeespoort

Gereformeerde Kerk Die Moot Remhoogte

Gereformeerde Kerk Hartbeespoort

SCHOEMANSVILLE

Schoemansville is een van die oudste dorpies langs die Hartbeespoortdam, naby die tonnel deur die Magaliesberge en die bekende brug oor die damwal.

Die idee van ñ dorp hier was reeds in die laat 1800’s geopper deur Hendrik Schoeman, die eienaar van die plaas waar Hartbeespoortdam vandag geleë is. Die waterryke area, ideaal vir besproeiing, vrugbare grond alles gunstig vir boerdery.

Hy het die idee aan Pres. Paul Kruger voorgelê wat beïndruk was met hierdie gedagte. Ongelukkig het die oorloë, rebellie, Groot Griep, droogte en depressie, swaar ekonomiese tye die proses baie vertraag.

Eers November 1922 is die dorp goedgekeur en op die naam Schoemansville besluit, vernoem na die plaaseienaar, Generaal Hendrik Schoeman, Boeregeneraal tydens die ABO.

Na die oorlog het dit swaar gegaan vir die Schoemans en hulle moes hard en innoverend te werk gegaan het om hulle plase te behou.

Die besproeiing uit die Sophia Dam het hulle uit benarde situasie gered. Ongelukkig het die Sophia Dam in 1909 weggespoel.

Daarna is begin met die bou van die Hartbeespoortdam.

Johan Schoeman, Hendrik se seun, was eintlik die stigter van die dorpie Schoemansville.

Ander “dorpies” het ook later langs die Hartbeespoortdam ontstaan, soos Kosmos, Meerhof, Ifafi ens.

GEREFORMEERDE KERK DIE MOOT

Hierdie gemeente is in 1924 gestig, afgestig vanaf Pretoria en was deel van die Klassis Rustenburg.

Die klein kerkgeboutjie op Remhoogte, naby Skeerpoort, is gebruik vir hulle dienste.

Die gebou het behoort aan die Gereformeerde Kerk Pretoria en was op die eiendom van HJ Briel, ñ lidmaat van die kerk.

Die ouderdom van die gebou is onbekend want daar is geen hoeksteen met oprigting aangebring nie.

1915 het Ouderling HJ Briel die gebou en 1 morg grond waarop die gebou opgerig is, aan die Gereformeerde Kerk Pretoria geskenk.

Die nuwe vinnig groeiende gemeente was bekend as Die Moot.

Mei 1925 het Gereformeerde Kerk Pretoria op ñ vergadering besluit dat Die Moot Gemeente die gebou op Remhoogte kosteloos kan gebruik, maar dit self in stand moet hou.

1925 het Christiaan Gerhardus Johannes Briel die preekstoel gebou, ñ replika van die preekstoel in die Paul Kruger Kerk. Hy het die preekstoel met die hand gebou, sonder ñ draaibank, so die hout is nie gedraai soos díe in die Paul Kruger Kerk nie. Die preekstoel is nog steeds in die gebou.

1826 het Ouderling Briel in ñ skenkingsbrief omliggende 15 morg ook aan die kerk belowe, maar trek later sy skenking terug en verkoop die grond aan JV Venter (1943).

1928 is die kerkgebou en 1 morg grond aan Die Moot oorgedra. Briel het dit skriftelik oorgedra en die grond is op Die Moot se naam geregistreer.

Die kerkgeboutjie was spoedig te klein en moes vergroot word.

27 April 1929 is die hoeksteen van die vergrote gebou onthul.

ñ Ekstra vleuel is aangebou asook ñ konsistorie.

1963 is ñ laag sierstene buite-om die kerkgebou opgerig, iets wat destyds groot mode was, soos ons ook by kerke sien in bv De Aar, Steynsburg en Boshof.

Die kerk se dak is laat oorhang en ñ kerktoring is ook opgerig.

Daar is ook ñ hoeksteen opgerig om hierdie gebeurtenisse te vier.

1965 is die laagwaterbruggie onder aan Remhoogte, oor die Magaliesrivier vervang met ñ veiliger, hoër brug.

1983 is ñ afdak aangebring wat later toegebou is om as saal te dien.

Sedertdien het die boerderygemeenskap hier in die Skeerpoortvallei gekrimp en lidmaattal het sodanig afgeneem dat die gemeente meer en meer ingeskakel het by Gereformeerde Kerk Hartbeespoort.

Tot 2012 is beide geboue van Die Moot en Hartbeespoort as dienspunte gebruik, maar daarna het alle dienste verskuif na Hartbeespoort.

Sedert 2018 word kerkgebou van Die Moot op Remhoogte as ñ trouvenue gebruik.

GEREFORMEERDE KERK HARTBEESPOORT

Hierdie gemeente was eers bekend as Die Moot ( tot 2009).

Die kerkgeboutjie op Remhoogte naby Skeerpoort was aanvanklik die dienspunt waarin dienste gehou is.

1973 het die gemeente grond aangekoop oos van die Hartbeespoortdam. Aangekoop vanaf die Buitestedelike Raad (Schoemansville).

1976 is die Schoemansville kerkeiendom ingelyf by die dorpsgebied.

Daar is begin met bouwerk vir ñ kerkgebou. Bouplanme van Boksburg en Brits-Wes se kerkgeboue word gebruik om die kerk se uitleg en aansig te beplan.

Die kerkgebou is in 1979 voltooi.

Tot 2012 is beide die kerkgeboue op Remhoogte en Schoemansville gebruik as dienspunte.

Tans word dienste net op Shoemansville gehou en Gemeente nou bekend as Gereformeerde Kerk

Hartbeespoort.

Samesteller: Kobie Ströh

Bronne: Internet, Gemeentegeskiedenis

Foto’s: Gys Ströh snr Junie 2023.

Maak 'n opvolg-bydrae