Nylstroom / St Michael’s United Church

St Michael’s United Church

Nylstroom

St Michael’s and All Angels Angican Church

Combining St Michael’s & All Angels Angican Church, The Methodist Church and The Presbyterian Church of Nylstroom.

Hierdie historiese klein kerkie wys duidelik ” Klein in getalle, Groot in dade.”

Die kerkie is deur die Anglikaanse Kerk in 1907 opgerig en is een van die oudste kerke in Nylstroom.

Voor die kerk is ‘n reuse ou Jakarandaboom wat baie stories sou kon vertel.

Die Engelse Kerk , Church of England, het al van vroegste tye af in Suid-Afrika gevestig. Hoofsaaklik om te werk onder Britse Soldate en die Britse Setlaars.

Die sending-roeping is ook ‘n sterk element onder die Engelse Kerke.

Anglikaan beteken Engeland, maar dit het nie verhoed dat die Anglikaanse Kerk wêreldwyd versprei het nie.

In Suid-Afrika, ten spyte van baie struikelblokke het die Anglikaanse Kerk orals versprei.

Die Anglikaanse Kerk glo dat verskillende agtergronde en kulture ñ tuiste in die kerk moet vind.

Die Anglikaanse Kerk Nylstroom is gestig onder die Vaalwater Setlaars.

Die gebou opgerig 1907.

Tydens die 100 jaar vieringe, 2007, was elke Kerk in Nylstroom uitgenooi en teenwoordig om hierdie spesiale geleentheid te herdenk.

Sentraal in hulle bediening moet God staan.

Weens tanende getalle en ñ oorwegend Afrikaanse gemeenskap in Nylstroom het die verskillende Engelse kerke verenig ten einde te oorleef en hierdie historiese gebou te kan behou en bewaar. Anglikaanse Kerk, Metodiste Kerk en die Presbeteriaanse Kerk.

Hulle werk saam op ñ rotasie basis en doen hulle motto gestand: “The language of prayer is the language of belief.”

Die kerkgebou is netjies en onderhou en die nuwe grasdak en uitsonderlike gloeiende houtbalke gee nuwe lewe en hoop.

Interessante en kosbare bewaarstukke o.a. ñ 1887 landmeterskaart en handewerk van gemeentelewe teen die mure helder die gebou op.

Selfs die oorspronklike sleutel waarmee die oorspronklike deur oopgesluit was, is netjies geraam.

Die Verenigde Kerk is baie aktief met gebede vir spesifieke gesinne, verligting van nood en armoede d.m.v. kosvoorsiening en bystand aan diegene met groot probleme en krisisse in hulle lewens.

Mag hierdie klein groepie mense van krag tot krag gaan en geseënd wees.

Foto’s; Gys Ströh snr Augustus 2023

Dankie vir die gasvrye ontvangs en moeite tydens ons besoek.

Samesteller Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae