Klein Monumentjies in die Trekroetetuin / Voortrekkermonumebt / Pretoria / Jaco van Niekerk Beeldhouer

Trekroetetuin

Replika’s van Monumente

Nuwe monumentjies

KLEIN MONUMENTJIES OP DIE TREKROETES LANGS DIE VOORTREKKER

MONUMENT

In die vyftigerjare (1963) het die Onderwyskollege van Pretoria, oos van die Voortrekkermonument, teen die koppie, ‘n reliëfkaart uitgelê van die 5 grootste hooftrekroetes in Suid-Afrika.

Paadjies is uitgekap en met verskillende kleure klippe uitgelê.

Replikas van Dingaanstad, Moordkoppie, Bloukrans, Kerkenberg en Thana Nchu is aangebring.

Die vernaamste berge en riviere is ook aangedui.

Met die jare het hierdie trekroete tuin vergete geraak en bome en bosse het oorgeneem.

2021 is hierdie tuin weer “ontdek”, bome en bosse is uitgekap, paadjies weer gepak, voortjies oopgemaak, verf opgeknap en plantjies geplant.

Tans is hierdie is netjiese en leersame ervaring so neffens die grote Voortrekkermonument.

ñ VERRASSING OM ELKE DRAAI:

Sedert 2021 wat hierdie tuin weer oopgestel is, het daar orals op die roetes klein monumentjies verskyn.

Replikas van monumente elders in die land en splinternuwe oorspronklike nuwe monumentjies.

Elke een met sy eie boodskap.

Nou is daar ñ verrassing om elke draai.

ñ Lewendige voorstelling van die Voortrekkers se geskiedenis.

Monumente wat ver weg geleë is, kan nou opgesoek en in klein vorm bewonder word.

Geskiedenis op klein skaal!

Die Groot Trek van 1838 kan in 2023 beleef word.

MONUMENTJIES WAT AL REEDS IN DIE TREKROETETUIN OPGERIG IS:

1.

VEGKOPMONUMENT

16 Okt 1836 Andries Hendrik Potgieter weer ñ groot mag Matabeles af met slegs 40 man. Heilbron. Replika. Kunstenaar.Jaco van Niekerk

2.

BYBELMONUMENT

Groot Trek. April 1837. Britse Setlaars oorhandig ñ Statebybel aan die trekgeselskap van Piet Uys. Grahamstad . Replika. Kunstenaar Jaco van Niekerk

3. BLOUKRANSMONUMENT

Groot Trek. 17 Februarie 1838. Die groot moord, grusame slagting van honderde Trekkers toe die Zoeloes hulle onverwags aanval. Bloukrans. Replika. Kunstenaar Jaco van Niekerk.

4.

LIEBENBERGKINDERS

Groot Trek. Augustus 1836. Matabeles val die Liebenbergs aan en wis byna hele trek uit. Drie kinders word ontvoer en nooit weer is daar enige spoor van hulle gevind nie. Liebenbergkoppie. Parys. Oorspronklike beeld. Kunstenaar Jaco van Niekerk

5.

DIRKIE UYS

Groot Trek. 1838. Slag van Italeni. Zoeloes lei strafkommando in ñ hinderlaag. Dirkie Uys, kinderheld, beskerm sy pa tot die dood toe. Oorspronklike beeld. Kunstenaar Jaco van Niekerk

6.

GELOFTEKERK. Pietermaritzburg. Replika.

7.

PIET RETIEF

Groot Trek. Beeld van Piet Retief voor Geloftekerk. Pietersburg. Replika. Kunstenaar Jaco van Niekerk

8.

GERRIT MARITZ

Groot Trek. Trekleier. Beeld van Gerrit Maritz voor Geloftekerk. Pietermaritzburg. Replika. Kunstenaar Jaco van Niekerk

9.

ANDRIES PRETORIUS

Groot Trek. Trekleier. 16 Desember 1838. Bloedrivier.

10.

KAREL LANDMAN MONUMENT

Groot Trek. Trekleier. 16 Desember 1838. Tweede in bevel by Bloedrivier. Alexandia. Replika. Kunstenaar Jaco van Niekerk

11.

KAALVOETVROU

Groot Trek.Bring hulde aan die dapper Trekkervrouens. Afbeelding van Susanna Smit, vrou van Eerwaarde Erasmus Smit. Sy is bekend vir die woorde:” Liewer Kaalvoet terug oor die Drakensberg as om onder Britse beheer te staan.” Bergville. Harrismith. Replika. Kunstenaar Jaco van Niekerk

12.

LOUIS TRICHARDT MOSAÏEK

Groot Trek. Replika van die geplaveide vlak in die Louis Treghard Gedenktuin in Maputu. Louis Trichardt, sy vrou Martha en 18 van sy trekgeselskap het hier aan malaria gesterf. Op die plaveisel is ñ groot kaart van Suidelike Afrika. Replika opgerig deur die Louis Trichardt Genootskap.

13.

GRIETJIE PRINSLOO BEELD

Groot Trek. In vrouemaand Augustus 2023 is hierdie besonderse beeldjie van ñ heldin in die Afrikanergeskiedenis onthul.

Grietjie Prinsloo is een van die oorlewendes van die Bloukransmoorde. Sy is 26 keer met assegaaie gesteek..en dit oorleef! Oorspronklike beeld. Kunstenaar Jaco van Niekerk

14.

DINGAAN SE KRAAL

Voorstelling van die kraal waar Piet Retief en sy manne deur Dingaan se manne oorval is.

15.

ZOELOEHUT

Tradisionele hut gebou nog in oorspronklike trekroete tuin. Daar was aanvanklik meer as een, maar jare se wind en weer het sy tol geëis.

16 .

SAREL CILLIERS in die Laer

Groot Trek. Sarel Celliers lê Die Gelofte in die laer af. Staande bo-op ñ kanon. Kroonstad. Replika.

17.

PIET RETIEF GEDENKNAALD

ñ Gedenknaald met die name van die manne wat saam met Piet Retief vermoor is deur die Zoeloe impi’s.

18.

SHAWU

Beeld van die groot olifant.

Kunstenaar. Danie de Jager

19.

VOORTREKKERFORT

Ohrigstad. Replika.

20.

PIET RETIEF SE NAAM

Deborah Retief teken haar pa se naam teen die rotswand aan.

Kerkenberg. Replika. Ongelukkig gesteel. Ongelooflik…

21.

PAUL KRUGER SKIET LEEU OP 14 JARIGE OUDERDOM

Kunstenaar Jaco van Niekerk.

Onthul Krugerdag 10.10.2023

UITSONDERLIKE KUNSTENAARS:

Verskeie kunstenaars en skenkers werk saam om die Trekkers se geskiedenis hier langs die Voortrekkermonument op ñ besonderse manier voor te stel.

Beeldhouer Jaco van Niekerk is verantwoordelik vir die skepping van meeste (11) van hierdie nuwe klein monumentjies.

Ons sien uit na sy volgende kunswerke.

TOEKOMS.

Daar volg nog meer. Hierdie gaan ñ ware geskiedenis-les wees.

Trap liggies, kyk mooi.

Jy stap in die spore van dapper voorouers.

Foto’s. Nicky J v Vuuren van Chilly PicNic Photography. Junie 2023

Facebook.

Samesteller Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae