Die Vierkleur / Vlag / ZAR

18 Februarie 1858

Die Vierkleur amptelik erken

Die Vierkleur verjaar.

Die Vierkleur – vlag van die Boere van die Z.A.R.

Die Vierkleur is vir die eerste keer gehys te Potchefstroom op 6 Januarie 1857.

‘n Vlag verteenwoordig lojaliteit, patriotisme en persoonlike offervaardigheid. ‘n Stimulus om te herhinder aan die dade van helde van die verlede; ‘n wekroep aan die gewete, ‘n aanmoediging tot entoesiasme, meer gekonsentreerde idealisme en vurige nasionalisme. ‘n Aansporing om eie belang ondergeskik te stel aan volksbelang. Om uiteindelik die grootste ideaal vir ‘n volk, naamlik vryheid te verwesenlik.

In die strewe na eenheid van die ZAR gebiede onder ‘n enkele vlag in die 19de eeu het Ds. Dirk van der Hoff die Transvaalse Vierkleur ontwerp.

Die Vierkleur bestaan uit drie horisontale strepe – bo rooi, middel wit en onder blou met ‘n groen vertikale rugkant een-en-‘n-half keer die wydte van elk van die ander strepe.

Op 18 Februarie 1858 word die Vierkleur amptelik deur die Volksraad erken.

Op 23 November 1874 skryf Ds. Van der Hoff: “Elke vrye Boer, wat die betekenis van die Vierkleur verstaan, het dit lief. Dit is die simbool van ons vryheid. Roemryk en pragtig geseënd is die simboliek. Die rooi met die blou, vereenigd met die suiwer wit in die middel, verteenwoordig vir ons die offers wat ons volk bereid is om te bring vir sy vryheid, wat ons doelwitte en bedoelings is en op Wie ons vertrou.

Die boonste helder rooi verteenwoordig die kleur van bloed wat uitroep aan ons vyande: Ons sal ons vryheid met bloed verdedig, ons sal ons bloed vir die vryheid offer!

Die middelste suiwer wit is simbool van reinheid en suiwerheid van ons ideaal. Dit roep uit na die vyand: as ons veg vir ons vryheid en ons bloed vloei daarvoor, het ons steeds geen onedele bedoelings nie. Indien die vyand se bloed in die stryd om vryheid vloei, is ons onskuldig aan daardie bloed gestort.

Die onderste blou laat ons opkyk na die blou hemel, wat soos ‘n tentgordyn oor ons hoofde gespan is. Die blou verteenwoordig die Godheid wat regeer en dit is in daardie Godheid wat ons volk sy vertroue stel.

Die groen is die kleur van hoop wat dit duidelik stel dat ons nog goeie hoop het.”

Na die anneksasie van fie ZAR word die Vierkleur tydelik verwyder.

Op Geloftefag 1880 word die Vierkleur weer in Heidelberg gehys.

Vanaf 1899 tot 1902 was daar teen Engeland geveg onder die Vierkleur. Selfs Generaal de Wet het ook onder die Vierkleur geveg.

Vanaf 1902 het die Vierkleur nog nie weer oor ‘n vrye Boere-Republiek gewapper nie.

Die Vierkleur het oor jare in die harte van die Boerevolk gebly en is vertoon deur Boere deur die tye.

S.J. du Toit skryf die volgende:

“Die Vierkleur van ons dierbaar land,

Die waai weer oor Transvaal,

En wee die Godvergete hand,

Wat dit weer neer wil haal!

Waai hoog nou in ons helder lug.

Transvaalse Vryheidsvlag!

Ons vyande is weggevlug,

Nou blink ‘n blyer dag!”

Op 6 Januarie 1857 word hierdie vlag vir die eerste maal gehys.

Hierdie eerste Vierkleur is ontwerp deur Ds Dirk van der Hoff,sy broer Marthinus en uitgeskets deur Staatssekretaris Schubart.Hierdie eerste een is vervaardig deur Mev. Van der Hoff.

Die geleendtheid was die inswering van die eerste Staatspresident van die ZAR MW Pretorius.

1874.

Die Transvaalse Vierkleur,

op hierdie dag deur die Kruisevlag vervang.

(Sien fotos ter verduideliking.)

Die Voortrekkers se vlag was die sogenaamde Driekleurvlag.

Hendrik Potgieter, bekende Voortrekker leier se vlag was ‘n vlag met ‘n blou agtergrond, met ‘n rooi kruis dwars daaroor.

President TF. Burgers vervang op hierdie dag die Transvaalse Vierkleur met die Kruisevlag.

Die Kruisevlag het soos die Potgieter vlag vertoon, maar het ‘n wit streep by gehaad waardeur die rooi kruis van die Potgieter vlag meer uitgestaan het.

Die Volksraad vervang op die 10de Mei 1874

die Kruisevlag met die “ou” Vierkleur vlag.

Die Kruisevlag sou egter aanbly as vlag van die president. Later het Burgers egter totaal en geheel daarvan afgesien.

Maak 'n opvolg-bydrae