Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 2 / Sy

Motmuis leer van Suid-Afrika

GESKIEDENIS NOMMER 2

SY

Die groot avontuur van Motmuis

Motmuis is ń baie nuuskierige klein vlermuisie wat gedurende die isolasietydperk gebore is.

Motmuis vra baie vragies.

Mormuis woon saam met sy mamma en pappa binne in ń huis se dak. Partykeer kom Oupa en Ouma Vlermuis kuier en dan gesels hulle lekker.

Motmuis stel in alles om hom belang.

Hoe het Motmuis sy naam gekry? Gaan lees by :

http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

Motmuis leer van Suid-Afrika

Geskiedenis Nommer 2

SY

“Goeiemore Mormuis.

Jy wou weet wat is sy.

Sy is lap of materiaal wat baie sag en glad is.

Ons praat van syglad.

Vir die mense in die tyd voor Christus se geboorte was sy kosbaar.

Net die rykste mense kon klere van sy bekostig.”

“Mamma, ek weet, ek weet.

Sy was so duur soos peper omdat hulle so vêr en so lank en ń gevaarlike pad moes loop om dit in China te gaan koop.

Hoekom het hulle nie sommer hulle eie sy gemaak nie.”

“Motmuis, dit was ń groot geheim.

Net die Sjinese het geweet waar kom sy vandaan.

Net die Sjinese het geweet dat sywurms sydrade spin.

Net Sjinese het geweet hoe om lap te maak van sydrade.”

“Mamma, het die mense van Europa toe die geheim uitgevind?”

“Ja Motmuis, mense van Japan het uitgevind dat sy van sywurms af kom.

Die Japanese het toe sywurms en eiers weggesteek in ń hol kierie en dit skelmpies gevat Japan toe.

Daarna het hulle ń paar meisies in Sjina gaan steel en hulle moes toe die Japanese mense leer hoe om lap te maak van die sydrade.

Daarna het hulle ook sy begin maak.”

“Mamma, is sy nog steeds duur?”

“Ja Motmuis, sy is nog steeds duur want dit is moeilik om met sywurms te boer en baie sywurms is nodig om genoeg sydrade te spin om lap te kan maak.”

“Mamma, ek onthou ons mensmaatjies in die huis het ook sywurms gehad.”

“Ja Motmuis onthou jy hoe het hulle gesukkel om moerbeiblare in die hande te kry.

Sywurms eet mos net moerbeibome se blare.”

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir my kleinkinders : Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae