Moord op Derdepoort / Khayaseput / Rustenburg / ABO / Monument NG Kerk Rustenburg

MOORD OP DERDEPOORT

Aanloop tot oorlog:

Kommer oor posisie van  inheemse swartes in ZAR en Oranje Vrystaat sowel as in Engeland beheerde Betsjoeanaland, Swaziland, Basoetoeland, Rhodesië, Swaziland, Natal en Kaap.

Gaan hierdie swartes bewapen word en betrek word in oorlog of slegs gebruik word soos tradisioneel deur boere as agterryers, wadrywers, diereversorgers, boodskappers en spioene?

Kaapprovinsie se regering het spesifiek parlement gevra om swartes nie te betrek of bewapen nie.

Sir Alfred Milner het wel swartes bewapen onder voorwendsel dat hulle hul huise en families moet beskerm teen Burgers.

Derdepoort

Derdepoort was ‘n klein boeregemeenskappie langs die Marico Rivier aan die Suid-Afrikaanse kant op die grens van ZAR (Transvaal ) en Britse Betjoeanaland(Botswana).   Met die uitbreek van die oorlog, 1899, was daar ‘n polisiestasie, 2 winkeltjies, poskantoor, skooltjie, kommandantskantoor, ‘n fotograaf en ‘n paar woonhuise.

Die boere van Derdepoort het betreklik goed met die inheemse bevolking oor die weg gekom oa die Bamangwato en baKwena.

Belangrikheid van Derdepoort

. Baie naby aan die stat Mochudi waar kwaadwillige en pro-Britse Bakgatla gewoon het.

. Redelik naby aan Gabarone waar hoofspoorlyn loop wat Kaapstad vebind het met Buluwayo waarvandaan swaar bewapende treine met Britse troepe ingestoom het.

. Direk oorkant rivier was die stat van Sekwani.

. ’n Boerelaer  van ongeveer 40  Rustenburgers onder bevel van assistant-kommandant Kasper du Plessis en Veldkornet Piet Kruger (seun van Paul Kruger) is  gevorm buite Derdepoort.

Bakgatla ( ba Kgatla)

Die Bakgatla het oorspronklik in Transvaal gewoon. In 1880 het Paul Kruger die plaas Saulspoort aan die voet  van die Pilanesberg in distrik Rustenburg verkry, wat bewoon was deur stamlede van die Bakgatla onder stamhoof

Kgamanyane.

Paul Kruger en Kgamanyane het rusie gekry (ongeveer 1880) en Paul Kruger het die hoofman met sambok bygekom. Woedende Bakgatla het weggetrek na Betjoeanaland en rondom stat Mochudi gaan woon.

Bakgatla het die baKwena in ‘n bloedige oorlog uit grensgebied verdryf.

Kgamanyane het voor hy stamhoof geword het ‘n buite-egtelike seun gehad , SEGELE. Na sy hoofmanskap het hy ‘n seun, LINCHWE, gehad uit ‘n wettige huwelik wat hom sou opvolg as stamhoof. Segele was baie ongelukkig hieroor  en het alles gedoen om Linchwe te ondermyn.

Linchwe het probeer neutraal bly in stryd tussen Boer en Brit,maar Britte het Bakgatla bewapen en aangehits(Segele veral) en voorsien van groot hoeveelhede ammunisie.

Aanval

Die aanval het in die vroeë oggendure Saterdag 25 November 1899 plaasgevind. Britte onder leiding van LT.-Kol Holdsworth het stelling ingeneem teenoor boerelaer en toe die gewapende kaalvoet Bakgatla onder Segele vooruitgestuur. Sy verweer was dat die kaalvoet impi’s geluidloos kon beweeg en laer onverhoeds kon verras. Die Britte was met ‘n Maxim–masjiengeweer en Lee Metfords gewapen en die Bakgatla met assegaaie, voorlaaiers en Martini Henri’s.

Met dagbreek is ‘n paar skote gevuur met die Maxim as teken vir die Bakgatla om aan te val.  Bakgatla het laer aangeval onder dekking van Britte.

Slagting-Skandaal

Die aanval het hande uitgeruk. Die Bakgatla het na hul die laer aangeval het,  uitgewyk na die dorpie Derdepoort waar hulle die inwoners, vrouens en kinders aangeval het, geplunder en geroof het. Huise en winkels is afgebrand en amok orals gemaak .Die Britse soldate het ongedeerd en verskrik op die vlug geslaan terug oor die grens na Gabarone.

Die name van die oorledenes kan op die gedenksteen voor NG Kerk Rustenburg verkry word.

‘n Groep van ongeveer 16 vrouens en kinders is erg aangerand en genadeloos aangejaag oor grens na Sekwani in Betsjoeanaland 65 km ver. Sommige gewond. Te voet aangejaag sonder kos en water, meeste kaalvoet en in nagklere. Kleiner kinders is gedra deur vroue.

29 November is hul na ‘n Britse veldhospitaal geneem en 1 Desember 1899 is hul na ‘n Boerelaer gestuur by Krokodilpoel.

Skokkende nuus

Die eerste berig van die aanval op Derdepoort is 26 November deur ‘n fietsryer gebring wat die 100 myl Rustenburg toe met geweldige spoed afgejaag het. Hulp is dadelik ingeroep en ‘n dokter en ongeveer 70 burgers word gestuur na Derdepoort wat die Bakgatla teruggedryf het en toe kon gaan ondersoek instel in dorpie. Minstens 8 polisiemanne, 6 inwoners onder wie daar 2 vrouens was, is bloeddorstig vermoor en grusaam vermink.

Bakgatla verdryf

Die burgers het die Bakgatla uit hul skuilplekke oorkant rivier gedryf en dieper in Betsjoeanaland in verjaag. Die Sekwani stat is afgebrand. President Paul Kruger was bekommerd want hy het geglo dat Bakgatla steeds skuil in omgewing van Derdepoort. Hy was reg want Bakgatla Linchwe het sy impi’s Transvaal in gestuur om te roof en te plunder en 2 maande later is aanval by:

Kayaseput (KAIN SE PUT).

Saterdag 18 Februarie 1900 is ‘n konvooi van waens wat voorraad vanaf Rustenburg na Derdepoort moes neem aangeval en geroof en togryers grusaam vermoor. Marthinus Nicolas Ras (eerste kanonbouer) is onder meer wreed vermoor, sy liggaam vermink en sy ingewande is aan ‘n boom opgehang.

‘n Kommando van ongeveer 60 man het gou gehaas om hulp te verleen, maar is in ‘n hinderlaag gelei deur die Bakgatla. Die kommando moes terugval, 7 burgers het hier gesterf. Die verminkte liggame van die vermoordes is eers later gevind en op die plek begrawe. Mark Kilian die posryer is ook daar vermoor in die ou pad en sy beendere het daar op die veld gelê.

Gedenknaald voor NG Kerk Rustenburg (Pleinstraat)

1920 is hierdie gedenksteen opgerig ter nagedagtenis aan die onskuldiges wat vermoor is by Derdepoort en Kayaseput.

Bronne:

GISA

Eggsa/ Library

Historical Encyclopedia of South Africa’s North West Province

News 24 Archives

Militaria: Magister-tesis deur kmdt. HJ Botha

Geloftefees 2011(Khayaseput Geloftefees 60 jarige herdenking)

Rustenburg at war- L Wulfsohn

Name list

KRUGER A.
ROZENBOOM C.A.
EARLEY
FOURIE Anna
HELBERY J.
RAS M.N.
J. VAN RENSBURG J.C.
V. WIJK L.
ROUX L.H.
GROBLER N.
ELS J.C.J.
ELS J.M.
KILIAN M.W.

STRöH / KILIAN

Hierdie soektog het sy oorsprong by my skoonpa Markus Wynand Kilian Ströh.

Aan die einde van ‘n lang siekbed het hy in sy verswakte, deurmekaar toestand aan ons gesê dat ons moet gaan kyk in Rustenburg, voor die NG Moederkerk is ‘n gedenknaald. Daar is MW Kilian se naam opgeteken. Daar was nie tyd of krag om meer te sê nie. Ons was wel daar, het probeer inligting kry, vrugteloos. Wie was MW Kilian?

Toe begin ons navors oor Ströh familie. Ouma Lettie ( Aletta Francina) se nooiensvan was Kilian, vandaar die naam  Kilian by skoonpa Markus Wynand Kilian.

Nou begin die soektog na Oupagrootjie Kilian. Ons kan geen inligting opspoor nie. Niemand weet iets van hom nie. Sy enigste oorlewende kleindogter Kitty Ströh/ Grimes (Gebore 1930) kan net onthou dat haar ma gesê het dat haar pa ‘n transportryer was tussen Rustenburg en Durban en dat hy iewers op die pad grusaam vermoor is deur die swartes. Daar was nooit eers ‘n graf vir hom nie.

Nou begin die soektog verder.  Terug na gedenknaald. Opgerig ter ere aan die burgers wat by Derdepoort gesterf het. Skielik val legkaartstukke in plek. Derdepoort is ‘n ou klein dorpie op die grens van Botswana, distrik Rustenburg. As ons kyk na wat daar gebeur het, besef ons weereens dat geskiedenis homself herhaal. Mense word opgestook, ruk handeuit, maak amok en onskuldiges sterf in die proses.  Tot vandag toe.

Toe kom die groot skok. Datums verskil. Moord op Derdepoort 25 November 1899. MW Kilian sterfdatum 17 Februarie 1900. Drie maande later! Soektog begin weer. Terug na gedenksteen ter nagedagtenis aan Moord op Derdepoort en Khaya se put volgens bron “Rustenburg at war”. Deurbraak. Kain se put oftewel Khaya se put  Februarie 1900. Transportryer Markus Wynand Kilian is daar vermoor. Sy bene het later wit op die veld bly lê.

Geskiedenis herhaal homself besef ek weereens:  Burgers is nie net vermoor nie, maar liggame is grusaam vemink en ingewande is opgehang in bome. Onbeskryflike barbarisme en wreedheid. (Herinner my aan plaasmoorde)

Interessant ook dat gruwelike foute begaan is wat aanleiding gegee het tot slagting. Vooraf waarskuwings en opdragte is geignoreer en bevelvoerders wat nie op hulle poste was nie ens. Niemand is ooit tot verantwoording geroep nie. Nie Britte of Boerebevelvoerders nie.  

Gedenksteen is eers 1920 opgerig by kerk.

Die Ras kanonne is vir die nageslag bewaar en kan in die museum in Pretoria besigtig word.

Derdepoort val huidig binne die grense van Madikwe natuurreservaat.

Ons eer die nagedagtenis van onskuldige mense wat onnodig gesterf het.

Nagevors deur Gys Ströh(Gysbertus Johannes Ströh 1955/09/02) en Kobie Ströh(Jacoba Salomina Haarhoff /Ströh)

STRöH

Frederik Andries Jacobus Ströh

8/3/1897—23/6/1971 Rustenburg               X Aletta Fransinah Kilian             25/8/1899—27/12/1980

KILIAN

a

Johannes Gregorius Kilian

(Sommerloch Rynland Duitsland)Franciskaanse monnik –

Loop weg uit klooster te Brühl.                1769 na SA as soldaat.

1769 lidmaat van NGK.

1778 Burgerregte te Graaff-Reinet.

XX Johanna Catharina Joubert

b9

Jacobus Nicolaas Kilian

19/3/1805 Swellendam – 3/6/1881

X Hester Johanna Fourie

(Dogter van Marcus Wynand Fourie)

c3

Markus Wynand Kilian

29/9/1830 (Waaikraal, Willowmore) –  18/5/1877

X Maria Petronella Vosloo

d4

Markus Wynand Kilian

1/5/1869 (Willowmore) -17/2/1900

(Oorlede op pad na DERDEPOORT,

Rustenburg)

X Aletta Francinah van Rooyen

e3

Aletta Francina Kilian

X Frederik Andries Jacobus Ströh

f4

Markus Wynand Kilian Stroh

X Junita Bekket

Naskrif:

Name wat voortgedra word sover ons kon vasstel:

Mark Ströh ( Fred Ströh se seun)

Markus Wynand Kruger (Lenette se seun) Wynand Benjamin Ströh ( Gys se seun

Foto’s Gys Ströh Snr Rustenburg Kerk. Kedar Lodge Boekenhoutfontein

Maak 'n opvolg-bydrae