Motmuis leer van Suid-Afrika / Boek 1 / Geskiedenis Nommer 3 / Bartholomeus Dias

Motmuis leer van Suid-Afrika

Geskiedenis Nommer 3

Bartholomeus Dias

Die groot avontuur van Motmuis

Motmuis is ń baie nuuskierige klein vlermuisie wat gedurende die isolasietydperk gebore is.

Motmuis vra baie vragies.

Mormuis woon saam met sy mamma en pappa binne in ń huis se dak. Partykeer kom Oupa en Ouma Vlermuis kuier en dan gesels hulle lekker.

Motmuis stel in alles om hom belang.

Hoe het Motmuis sy naam gekry? Gaan lees by :

http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

Motmuis leer van Suid-Afrika

Geskiedenis Nommer 3

Bartholomeus Dias

“Mamma Vlermuis, ek kyk nou weer na daardie kaart wat wys hoe ver die mense moes loop om sy en peper te gaan koop.

Hoekom het hulle nie sommer met bote gevaar tot daar nie?”

“Motmuis, hulle het met bootjies ook gevaar.

Onthou net, daar was nog nie enjins nie.

Die bootjies het met seile en wind geseil.

As die wind waai, kon hulle beweeg.

As die wind stil is, lê die bootjie ook stil.

As daar ń groot storm op see was het die bootjies partykeer ook sommer uitmekaar gebreek.

Die bootjies was van hout gemaak en het maklik teen rotse vasgewaai en dan breek die boot ook stukkend.

Dan verdrink die matrose.

Hulle was baie bang vir die see.”

“Mamma, so dit was ook gevaarlik om met bote te seil?”

“Ja Motmuis, dit was baie gevaarlik.

Dan was daar was ook rowers op die see wat hulle aangeval het en alles op die skip gesteel h

Ons noem hulle seerowers.”

“Motmuis, maar ja.

Eendag sê die koning van Portugal vir een van sy dapper manne wie se naam Bartholomeus Dias was..

Bartholomeus, vat hierdie skip. Laai hom vol kos en water en dan vaar jy en ń paar matrose suid.

Suid van ons lê Afrika, die land waar die Egpitenare bly.

Vaar af langs Afrika. Al met die kus langes.

Dan kyk jy hoe ver kan jy gaan.

Dan kan ons sien hoe groot is Afrika.”

“Regtig Mamma, het hulle nog nie geweet hoe groot is Afrika nie?”

“Nee Motmuis.

Hulle was baie bang.

Hulle het nie ver geseil van die land af nie.

Hulle het geglo daar is baie groot monsters in die see wat sommer ń skip insluk.

Hulle het geglo die aarde is plat en iewers gaan hulle nog so seil dan val hulle sommer af.”

“Maar dit is nie waar nie, nê Mamma.

Die aarde is rond, ons kan nie afval nie.

Het die oom met die snaakse naam dit toe reggekry om om Afrika te vaar?”

“Motmuisie, die oom se naam was Bartholomeus Dias.

Dit is ń Portugese naam.

Ek sal later vir jou vertel wat het toe met Bartholomeus Dias gebeur.

Dit is nou tyd om te gaan goggas vang.

Anders gaan slaap jy more oggend baie honger. “

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir my kleinkinders : Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Gys Ströh snr en Christo Geldenhuys

Maak 'n opvolg-bydrae