Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 4 / Bartholomeus Dias ontdek die Kaap

Motmuis leer van Suid-Afrika (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/

)

Geskiedenis Nommer 4

Bartholomeus Dias ontdek die Kaap

“Motmuis, vandag wil ek vir jou die storie van Bartholomeus Dias verder vertel.

Dias het op sy skip geklim en suid gevaar.

Dit was in die jaar 1488.

Hulle het baie lank op die skippie gebly, sommer maande lank.

As die wind waai, het hulle lekker vinnig geseil.

As die wind stil is, het hulle maar net gewag tot die wind weer waai.

As daar storms was, was hulle baie bang.

Hulle kos word min.

Hulle kos word sleg want dit is baie warm.

Hulle het amper niks meer vars water om te drink nie.

Die matrose word nou baie moeg en siek.

Na ń lang tyd het Dias besluit om nader na die land toe te seil en wat sien hy?

Daar is nie meer land langs hom nie.

Hy het die suidpunt van Afrika bereik.

Hy noem die plek die Kaap van Storms want die see is gevaarlik en stormagtig daar.

Dias seil so ent verder en daar sien hy ń plek waar hulle dalk veilig kan anker gooi.

Die skippie seil nader na die land toe en hulle kry ń ankerplek.

Die matrose roei met ń klein bootjie tot op die strand.

Daar kry hulle lekker vars water en ontmoet ń klomp Strandlopers.”

“Mamma wat is Strandlopers?

Waar het hulle geland en drinkwater gekry?”

“Motmuis ek sal jou later bietjie meer van Strandlopers vertel.

Dias het, by Mosselbaai aan land gegaan.

Daar is ń fontein met heerlike skoon drinkwater.”

“So Mamma, Bartholomeus Dias was die eerste mens van Europa af in Suid-Afrika?”

“Ja Motmuis, hy het daar op die strand ń groot kruis geplant sodat almal kon sien Portugal was eerste daar.”

“Mamma het hulle toe tot by die Ooste gevaar?”

“Nee Motmuis, die matrose het te bang geword om verder te vaar en Dias moes maar omdraai en terug seil huis toe.

Hulle het baie verlang na hulle kinders by die huis.

Hulle was een en ń half jaar weg van hulle huise af.

Hulle familie het al gedink hulle is almal dood.”

“Dankie Mamma.

Nou weet ek wie het die Kaap ontdek.

Bartholomeus Dias.”

Fiktiewe verhale uit die geskiedenis. Geskryf vir ons kleinkinders gedurende die Covid isolasietyd.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae