Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 5 / Vasco Da Gama

Motmuis leer van Suid-Afrika

Geskiedenis Nommer 5

VASCO DA GAMA

“Mamma, het Bartholomeus Dias toe teruggegaan met sy skip en heeltemal om Afrika gevaar tot in die Ooste?”

“Nee Motmuis.

Eers ń paar jaar later het ń ander man met sy skip dit reggekry.

Sy naam was Vasco da Gama.

Hy het van Portugal af geseil, reg rondom Afrika tot by Indië.

Dit was ń lang en gevaarlike reis.

Orals in Afrika waar hulle gestop het vir vars water is hulle aangeval.

Op die see was die storms baie erg.

Die manne op die skip het baie siek geword sonder vars kos en water..”

“Mamma het hulle darem weer veilig teruggekom by hulle huise?”

“Ja Motmuis.

Hulle was langer as ń jaar op die see.

Toe hulle terugkom in Portugal het hulle houtskip al begin uitmekaar val.

Maar hulle was baie bly om terug te wees.

Baie van die manne het op die see doodgegaan.

Dit was hartseer.”

“Mamma. So ons moet onthou dat Vasco da Gama die seeroete na Indië ontdek het.

Bartholomeus Dias het die Kaap ontdek.

Dit was baie dapper manne.”

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir ons kleinkinders.

Geskryf tydens die Covid Isolasietydperk.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae