Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 6 / Strandlopers / Saldanhars / Boesmans

Motmuis leer van Suid-Afrika (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/)

Geskiedenis Nommer 4

STRANDLOPERS, SALDANHARS EN BOESMANS

“Mamma, ek sien op die aardbol daar in die mensehuis dat daar sommer baie lande op die aardbol is.

Afrika is die grootste land.

Ons bly mos onder aan die punt van Afrika.

Ek sien dit is Suid-Afrika.

Bly daar mense in die ander lande ook?

Het daar mense lank-lank gelede ook in Suid-Afrika gebly? “

“Motmuis, ja. Daar bly orals mense.

Hoe die Europese mense in Suid-Afrika gekom het, is interessant.

Ons noem dit geskiedenis.

600 jaar gelede was Suid- Afrika nog ń wilde woeste land met baie min mense wat hier gebly het.

Daar het mense in die Kaap gebly, maar hulle het nie in huise gewoon nie.

Hulle het rondgetrek en in grotte gebly.

Hulle het kos uit die see gehaal en daarvan geleef. Ons noem hulle die strandlopers.

Ons sê hulle was primitiewe mense.

Hulle klere was gemaak van die velle van diere.

Hulle was baie donker mense.

By Mosselbaai is daar nog so ń grot waarin hulle gebly het. Daar is baie ou skulpe in die grot.

Die diertjies wat binne in die skulpe gebly het, was hulle kos.

Die skulpe was hulle bakkies waaruit hulle geëet het en water gedrink het.

Daar was ook ander mense wat verder weg van die see af ook in grotte gebly het en ander het in skuilings gebly wat hulle van takke gebou het.

Hulle het ook rondgetrek en beeste gehad.

Hulle was die Saldanhars.

Daar was ook ander primitiewe mense wat verder weg van die see was.

Hulle het diere gejag met pyl en boog.

Ons noem hulle Boesmans of San.

Hulle was sulke klein bruin mensies wat amper kaal rondgeloop het.

As hulle gepraat het, het dit geklink soos klik-klik geluide soos wanneer jy jou tong klap.

Hierdie Boesmans was lief daarvoor om in grotte en teen klippe te teken.

Baie Boesmantekeninge kan ons vandag nog in die grotte sien.”

“Vertel nog Mamma, vertel.”

“Nee Motmuis, ek is moeg en kry koud.

Ek gaan nou slaap.

Ons sal vir Pappa vra om vir jou die geskiedenis van die mense in Suid-Afrika te vertel.

Pappa is slim.

Lekker slaap.”

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir ons kleinkinders.

Geskryf deur Kobie Ströh gedurende die Covid Isolasietydperk.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae