Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 7 / Seeroete om die Kaap

Motmuis leer van Suid-Afrika

Geskiedenis Nommer 7

SEEROETE OM DIE KAAP

“More Mamma Vlermuis. Dit was nou ń koue nag gewees.

Ek het darem lekker warm gekry so styf tussen Mamma en Pappa.

Kan Mamma nou vir my die storie van die Kaapse seeroete verder vertel?

Wat het toe gebeur?

Het hulle toe die seeroete om die Kaap Ooste toe gebruik?”

“Ai Motmuis, jy vra so baie vrae.

Kom ek antwoord gou.

Die Portugese het toe die seeroete gebruik Indië toe.

Later het die Engelse en Franse en Hollanders ook beter skepe begin bou en ook al om Afrika geseil om goed te gaan koop in die ooste.”

“Mamma het hulle toe in Afrika kom bly?”

“Nee my kind.

Hulle was almal te bang.

Hulle het net nader aan land gevaar en ń paar soldate met ń klein bootjie land toe gestuur om vars water te kry.

Party keer het hulle vriendelike mense gekry wat vir hulle ń bees of ń skaap gegee het.

Dan het hulle dit geruil vir mooi goedjies soos bakkies en koppies en bordjies en krale en kopergeldjies.

Die mense van Afrika was baie lief daarvoor.”

“Mamma, waarvoor was hulle dan bang?”

“Motmuis, hulle was bang vir die mense wat in Afrika gebly het.

Dit was maar vreemde mense wat in Afrika gebly het. Hulle het sommer met spiese en klippe die matrose aangeval. Partykeer het hulle die seevaarders lelik seergemaak en ook sommer doodgemaak. Ek dink nie hulle en die seevaarders het mekaar so mooi verstaan nie.

En daar was ook baie wilde diere in Afrika wat hulle bang gemaak het.

Hier was diere wat hulle nie geken het nie.”

“Mamma, nou wanneer het mense van Europa dan in Suid-Afrika kom bly?”

“Motmuis, dit is ń ander mooi storie.

Pappa sal dit vir jou vertel, maar Pappa het al gaan slaap.

Ons sal hom later vra om vir jou die storie van die Haarlem te vertel.”

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir ons kleinkinders.

Geskryf deur Kobie Ströh tydens die Covid Isolasietydperk.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae