Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 8 / Die skip Haarlem strand

Motmuis leer van Suid-Afrika

Geskiedenis Nommer 8

DIE SKIP HAARLEM STRAND

“More more Motmuis. Mamma sê ek moet jou bietjie vertel van die eerste Europa mense in die Kaap.”

“More Pappa Vlermuis.

Ja vertel asseblief.

Mamma sê die Hollanders en Franse en Engelse het almal die Kaapse seeroete gebruik Indië toe.

Hulle het net vinnig aan land gekom vir water.”

“Motmuis, Mamma is reg.

Die matrose was baie bang vir die mense en wilde diere in Afrika.

Hulle was ook baie bang om naby die land te kom want daar is groot gevaarlike rotse in die see.”

“Pappa hoekom is die rotse gevaarlik?”

“Motmuis, party groot rotse is onder die water.

Die skepe kan hulle nie sien nie en dan skeur hulle sommer ń groot gat in die skip se magie. Ons noem dit die skip se boeg.”

“O ek weet pappa. Dan word die skip vol water en dan sink die skip en die mense verdrink.”

“Motmuis, jy is slim. Doodreg.

In 1647 het die wind ń Hollandse skip teen die rotse vasgewaai.

Dit was naby die strand wat ons vandag Mosselbaai noem.

Dit is waar hulle vars water uit ń fontein gekry het.

Die skip se naam was die Haarlem.

Die skip het gesink.

Gelukkig kon ń paar manne darem die land haal en almal het nie verdrink nie.

Daar moes hulle toe meer as ń jaar bly voor daar weer ń ander skip verbygekom het en hulle opgelaai het.”

“O ja Pappa. Ek weet . Hulle het nie telefone en sulke goed gehad om te laat weet hulle is daar nie.”

“Ja Motmuis. Hulle moes maar net wag. Wag vir ń Hollandse skip om hulle huis toe te vat. ń Hele jaar lank.”

“Pappa, die mense in Holland het seker gedink almal het verdrink. “

“Motmuis, ek weet almal was baie bly toe hulle weer in Holland aankom.

Hulle het toe vir almal vertel dat hulle diere geruil het by die mense van Afrika.

Die strandlopers was baie vriendelik en het hulle gehelp.

Hulle het tot groente geplant.

Hulle het vir hulle huisies van hout en takke gebou.

So het hulle oorleef in Suid-Afrika.”

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir ons kleinkinders.

Geskryf deur Kobie Ströh tydens die Covid Isolasietydperk.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae