Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 9 / Die Posboom

Motmuis leer van Suid-Afrika

Geskiedenis Nommer 9

DIE POSBOOM

“Mamma kyk!

Dit reën sowaar.

Nou gaan al die plante lekker groei..”

“Ja Motmuis, nou gaan die plante gou groen blaartjies kry.

Maar vandag wil ek jou iets vertel van die seilskepe van lank-lank gelede.

Hulle het nie fone gehad nie.

Hulle het nie radios gehad nie.

Hulle het nie enjins gehad nie.

Die wind het die skepe laat seil.

Hulle het om die Kaap geseil tot in die Ooste en dan weer teruggeseil.

Hulle het sommer 2 jaar lank weggebly voor hulle weer by die huis kon wees.

Hulle mense het maar gehoop en gebid dat hulle veilig is.

Partykeer na ń paar jaar as hulle nie teruggekom het nie, het hulle gedink die skip het gesink en almal het seker maar verdrink.”

“Mamma, dit was seker nie lekker nie.”

“Ja ek glo dit was nie lekker nie want almal het geweet hoe gevaarlik die see is.

Maar eendag het ń slim seeman ń briljante plan gekry.

Hulle het weer by Mosselbaai aan land gegaan om vars water in die fontein te kry.

Hy sien toe ń groot boom by die fontein.

Hy skryf ń briefie dat hulle veilig is en op pad is Indië toe.

Hierdie briefie het hy in ń skoen gesit en in die boom opgehang.”

“Dit was ń slim plan Mamma.

Het iemand toe die skoen en die briefie gekry daar?”

“Ja, een van die skepe wat op pad terug was huis toe het die briefie gekry en saamgeneem.

Die mense by die huis was baie bly om te hoor dat hulle nog veilig was.

Die skip se mense het ook weer briefies gelos v in die skoen vir die volgende skip.”

“Dit is nou oulik.

So elke skip het toe briefies gelos.”

“Dit was die eerste poskantoor in Suid-Afrika.

Die posboom by Mosselbaai.

Die Poskantoorboom.

Daar is vandag ń skoen gebou onder die ou boom sodat ons kan onthou. Die boom is al 600 jaar oud.”

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir ons kleinkinders.

Geskryf deur Kobie Ströh tydens die Covid Isolasietydperk.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae