Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 10 / Jan Van Riebeeck

Motmuis leer van Suid-Afrika

Geskiedenis Nommer 10

JAN VAN RIEBEECK

“Motmuis, vandag wil Pappa Vlermuis vir jou vertel van Jan van Riebeeck.”

“Pappa, ek het daardie naam al gehoor.

Kan nou nie onthou waar nie…”

“Motmuis, jy onthou mos dat die Hollanders en Engelse en Franse almal nou om Afrika geseil het na Indië toe.

Daar het hulle goed soos speserye en sy gekoop en dan terug gevaar Europa toe, al om die suidpunt van Afrika.

Dit het maande lank geduur en die matrose het baie siek geword omdat hulle nie groente en vrugte kon kry om te eet nie.

Hulle het net soutvleis op ñ skip kon saamneem en dit het ook maar later vrot geword.

Onthou hulle het nie yskaste gehad nie.

Die Hollanders kry toe ń slim plan.

Hulle roep vir Jan van Riebeeck en sê hy moet 3 skepe vat en vaar tot by die Kaap van Goeie Hoop.

Daar moet almal van die skepe afklim.

Hulle moet huisies bou.

Hulle moet groente plant en vrugtebome ook plant.

Hulle moet dan ook skape en beeste by die Strandlopers koop en in krale hou.

As daar dan ń skip stop kan hulle aan die matrose vrugte en groente en vars vleis verkoop.”

“Pappa, dit was nou ń slim plan.

Het Jan van Riebeeck toe Kaap toe gegaan?”

“Ja my kind.

Hy was baie bang vir Afrika maar het hy het geluister en sy skippies gelaai.

6 April 1652 het hy en sy mense aangekom by Kaap die Goeie Hoop en voet aan wal gesit.

Die eerste Europese mense wat hier in Suid-Afrika kom bly het.”

“So dit is hoe die mense in wie se huis se dak ons bly in Suid-Afrika gekom het.

Ek is baie bly dat Jan van Riebeeck hier in Suid-Afrika kom bly het.”

“Ja, maar onthou dit was baie lank gelede.

Jong Motmuis, dit was nie maklik vir Jan van Riebeeck in hierdie wilde en gevaarlike land nie.

Ek sal later vir jou vertel van al sy probleme.

Ons moet nou ogies toemaak, die son skyn te skerp vandag.

Lekker slaap.”

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir ons kleinkinders.

Geskryf deur Kobie Ströh tydens die Covid Isolasietydperk.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae