Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 11 / Tafelberg

Motmuis leer van Suid-Afrika

Geskiedenis Nommer 11

TAFELBERG

“Mamma Vlermuis, Jan van Riebeeck het mos 6 April 1652 in die Kaap aangekom.

Hoe het hulle geweet waar om af te klim?”

“Motmuis, dit was maklik.

Daar by die suidpunt van Afrika is ń berg.

Dit is ń besonderse berg.

Hierdie berg kan jy van ver af sien.

Al die seevaarders het hierdie berg gesien as hulle met hulle seilskepe om Afrika gevaar het.”

“Regtig Mamma?

Lyk hierdie berg dan anders as ander berge?”

“Ja Motmuis, die berg lyk soos ń tafel.

Plat bo-op.

Raai wat is die berg se naam?”

“Ek wonder. Ek dink platberg.

Nee, nee, ek weet Tafelberg.”

“Doodreg.

Tafelberg.

Van ver af lyk die berg net soos ń tafel.

Die ou seemanne het dit al Tafelberg genoem.

Dit is ń baie interessante berg.

Ek sal later vir jou ń mooi storie van Tafelberg vertel. “

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir ons kleinkinders.

Geskryf deur Kobie Ströh tydens die Covid Isolasietydperk.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae