Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 16 / Jan van Riebeeck word ‘n goeie boer

Motmuis leer van Suid-Afrika (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/)

Geskiedenis Nommer 16

JAN VAN RIEBEECK WORD ń GOEIE BOER

“Mamma, ek is nuuskierig.

Wat het verder met Jan van Riebeeck gebeur?”

“Motmuis. Dit het sommer gou beter begin word in die Kaap.

Die somer het gekom.

Die groente het mooi gegroei.

Die beeste en skapies het stadig meer geword.

Daar het nuwe skepe vol manne aangekom wat kom help het met die baie werk.

Jan van Riebeeck kon nou groente en vleis verkoop aan die skepe wat in die Kaap aankom.”

“O Mamma ek is so bly hulle het hier in Suid-Afrika kom bly “

“Motmuis, dit is waar. Ons sê Jan van Riebeeck was die Volksplanter. Hy het die Afrikanervolk in Suid-Afrika kom plant.

Net nadat hulle in die Kaap gekom het is die eerste wit baba in Suid-Afrika gebore. Sy naam was Willem Wijlant.

ń Jaar later is Jan van Riebeeck en sy vrou Maria van Riebeeck se seuntjie ook in die Kaap gebore. Sy naam was Abraham van Riebeeck.”

“Mamma, nou was daar Hollandse kinders ook in die Kaap. Hulle kon lekker speel daar langs Tafelberg.”

Fiktiewe stories uit die geskiedenis van Suid-Afrika.

Geskryf deur Kobie Ströh tydens die Covid Isolasietydperk.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae