Lydenburg / Anglikaanse Kerk / St John Anglican Church

Lydenburg

Anglikaanse Kerk

St John Anglican Church

Gedurende die 1860’s was die bevolking in Lydenburg maar klein.

Lydenburg het gou ń belangrike sentrum geword vir reisigers na die goudvelde.

Lydenburg was ń welkome aandoenplek op pad na Pelgrimsrus. Die pad moeilik, gevaarlik en het deur malaria en slaapsiekte gebied gestrek.

Baie goudsoekers en delwers van oor die wêreld was Engelssprekend en het behoefte aan geestelike versterking gehad.

1874 is die St Johns Parish in Lydenburg gestig. Die eerste inwonende priester was Rev John Thorne.

1874 het Rev Thorne dadelik begin met die bou van ń kerk.

28 Augustus 1877 is die kerkgebou ingewy.

Die spesiale klok langs die gebou is in Engeland gemaak in 1884. Die klok is bestel en met ń ossewa vervoer vanaf Durban tot by Lydenburg. Die klok het in 1887 in Lydenburg aangekom. Die inskripsie op die klok lees: When I do call, come surf (serve) God all.

1886 begin Rev Alfred Roberts ń Engelse skool op die kerkgronde.

1925 is ń koshuis geopen vir seuns en dogters. Ongelukkig is díe platgeslaan in 1970 weens verval van gebou en gebrek aan fondse om dit te herstel en in stand te hou.

ABO

Tydens die ABO was Britse troepe gestasioneer in Lydenburg.

Dienste in die St John kerk is deur die Britse troepe bygewoon.

Binne die kerk is bronsplate met name van die Manchester Regiment wat tydens die ABO gesneuwel het.(48 soldate).

Daar is ook ñ plaat wat die Lydenburg vrywilligers herdenk wat gesterf het tydens die Sekhukhune Oorlog.

MASHISHING PARISH

In die jaar 2000 het St John’s Parish en St Paul’s Parish beide deel geword van die Mashishing Parish.

Bronne: Internet

Foto’s Gys Stroh snr Mei 2022

Maak 'n opvolg-bydrae