Die Groot Boom / Knysna bos / Tsitsikama Bos / Tsitsikamma Bos / Dalene Matthee

Knysna bos

Tsitsikama bos / Tsitsikamma Bos

Die Groot Boom

Tuinroete

Suid-Kaap

AAN DIE REISGER

U wat verbygaan en dalk u hand teen my wou lig, luister eers, voordat u my skade doen:

Ek is die hitte in u haard in kille winternagte,

die vriendelike skaduwee wat u teen die somerson beskerm en

my vrugte bied verfrissende dranke om u dors te les soos u verbygaan op u tog.

Ek is die balk wat u woning stewig hou,

die blad van u tafel,

die bed waarop u rus en

die timmerhout waaruit u bote bou.

Ek is die handvatsel van u hark,

die deur van u tuiste,

die hout vir u wieg en

die wand van u doodskis.

Ek is die brood van erbarming,

die blom van skoonheid.

U wat verbygaan,

hoor my bede,

en skaad my nie.

( ñ Opskrif wat in woude en parke in Portugal aangetref word.) Geneem uit ñ baie ou Permit ongeveer 1965 om Groot Boom te gaan besoek.

DIE REUSE VAN DIE KNYSNA BOS

Knysna bos is ñ oorblyfsel van ñ groot inheemse bos in die suide van Suid-Afrika.

Digbegroei met varings meer as ñ meter hoog.

Voëlryk en skugter dierelewe wat bedags in die digte ondergroei skuil.

Reusagtige bome troon boontoe.

Dalene Matthee se Afrikaanse bosboeke met stories van boskappers en olifante het die verbeelding aangegryp en die Knysna Bos bekend en beroemd gemaak.

Daar is verskeie staproetes deur die bos.

Die bos en bome word beskerm, veral die Outeniqua-Geelhout. Geen Geelhout boom mag beskadig, gesny of uitgekap word nie. Spesiale permitte is daarvoor nodig.

4 Reuse Bome kan besoek word.

1. DIE GROOT BOOM

Tsitsikama Nasionale Park.

Naby Stormsrivier-mond

Hierdie reuse ou Outeniqua-Geelhout boom is die reus onder die reuse, ongeveer 36, 6 m hoog, stam se omtrek 9 meter en die blarekroon sprei 33 m uit.

Hierdie reus staan al vir baie baie dekades hier en het hartseer gesien hoe sy maters een na die ander onder die kap van die byl val en hoe die Grootvoete ( Olifante) een na die ander verdwyn. Vandag skuil daar hopelik nog een of twee Grootvoete iewers- iewers in die digte bos.

In die koel skaduwee van die bos, met die geur van plante omring, kan die besoeker nie anders as om heimwee te voel nie. Respek vir die Skepper en heimwee oor wat was en wat se skade die mensehand kan aanrig.

2. DIE DALENE MATTHEE GROOT BOOM

Kringe-in-ñ -bos Wandelroete

Begin by Krisjan -se-nek.

Die roete was eers bekend as die Houtkappers Wandelpad, maar is vernoem na die bekende skrywer Dalene Matthee.

Dalene het dikwels hier by Krisjan-se-nek kom sit om haar siel te voed sodat sy haar wonderlike stories oor die Bos kon skryf.

Dalene Matthhe is in 2005 oorlede, haar as is hier by die reuse Outeniqua-Geelhout gestrooi en ñ Gedenksteen opgerig en dit is waar sy nou altyd rus.

Hierdie Dalene Matthee Groot Boom troon byna 40 m in die lug op en daar word gereken dat hy meer as 800 jaar oud is. Die Outeniqua-Geelhoutbome is deur die Bosmense Kalanders genoem.

3. WOODVILLE GROOT BOOM

Die Woodville Wandelpad

Naby Hoekwil

Outeniqua-Geelhoutboom 31 m hoog, ongeveer 800 jaar oud.

4. King Edward VII Groot Boom

Ook bekend as die Diepwalle Groot Boom.

Naby die Diepwalle Bosstasie

Outeniqua-Geelhout, byna 40 m hoog, ongeveer 800 jaar oud.

Hierdie ou reuse het toegekyk hoe die ander ou reuse onder mensehande val, en gesien hoe nuwer jonger bome hulle plek inneem en ook uitstrek na die son.

Staan doodstil, ruik, voel, luister!

Dalk sien jy ñ feetjie. Dalk daar, daar waar ñ reuse varingblaar roer, daar skuil ñ feetjie.

Bronne: Internet. Facebook. Eie ervaring. Natuurliefhebbers se ervaring.

Toegangspermit 1965

Foto’s: Internet. Facebook.

Gys Ströh snr. Dankie Andre van der Walt Desember 2022.

Maak 'n opvolg-bydrae