Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 17 / Standbeelde / Jan van Riebeeck / Maria van Riebeeck

Motmuis leer van Suid-Afrika

Geskiedenis Nommer 17

STANDBEELDE

“Mamma Vlermuis, het Mamma geweet dat daar in Kaapstad twee groot standbeelde is?

Die een standbeeld is Jan van Riebeeck en die ander een is Maria van Riebeeck.”

“Motmuis, ja dit is baie groot en baie mooi.

Die mense van oor die hele Suid-Afrika gaan kyk na daardie standbeelde as hulle in Kaapstad kom.

Hulle was mos die Volksplanters.

Jan van Riebeeck het die eerste Hollanders Suid-Afrika toe gebring en hier het hulle huise begin bou en begin boer.

Dit was die begin van die Afrikaanse volk.

Motmuis, kyk bietjie hoe mooi was hulle aangetrek.

Hulle was baie dapper en baie slim en het vreeslik hard gewerk in hierdie nuwe land, Suid-Afrika.”

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir ons kleinkinders.

Geskryf deur Kobie Ströh tydens die Covid Isolasietydperk.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae