Groenvlei Monument / Naboomspruit / ABO

Groenvlei Monument

Limpopo Mokopane distrik.

Naboomspruit.

Nylsvley Natuurreservaat. Hartbeeslaagte.

ABO

1901-08-10:

Kapt Jack Hindon laat ‘n pantsertrein met goederewaens by Groenvlei (of Boekenhout) naby Naboomspruit, ontspoor.

‘n Wit vlag verskyn bo een van die trokke maar toe die burgers dit nader, kom hulle onder hewige vuur uit ‘n ander deel van die trein.

Die vasgekeerde Gordon Highlanders bied verbete weerstand en Hindon onttrek.

Vyftien Britte en drie Swartes sterf terwyl nog sewe soldate en ‘n Swarte gewond word.

Aan Republikeinse kant sterf vyf burgers en drie word agtergelaat en moet oorgee.

Die Duitser, Carl Craemer (ontwerper van die sg ‘treinvernieler’ wat ‘n afgesaagde Martini-Henry gebruik om plofstofladings onder treinspore af te sit) is onder die krygsgevangenes. Hy word glo koelbloedig doodgeskiet nadat hy oorgegee het.

(Bron: eggsa .Dankie Pieter Cloete vir inligting.)

Foto’s: Hetta Scholtz 2017

Frik Brits

Is ook rondom die insident waar Generaal Christiaan Beyers tot ‘n vergelyk gekom het met Generaal Plumer, Imperiale aanvoerder in Pietersburg dat hul nie die treinbrug oor die Nylrivier (Potgietersrus) sal opblaas nie in ruil die Britte los die Moorddrift grafte ongeskonde ….wat beide ook eerbiedig het.

 Moorddrif: Die monument, net suid van Potgietersrus is 300 meter van die Nylrivier spoorbrug en langs die “ou”, teerpad na Pretoria. Hier is die Breedts en vriende wreed in 1854 deur Mapela se Matabeles uitgemoor wat aanleiding gegee het tot Komdt-generaal Pieter Johannes Potgieter se dood by Makapaansgat.

Die Eeufeesboek van Pietersburg 1886 – 1986, deur Louis Chanquion verduidelik soos volg. Die ZAR regering het die onbevoegde Veggeneraal Freek Grobler van die Noordelike kommandos (Waterberg en Zoutpansberg) ontslaan en vervang met Christiaan Beyers. Laasgenoemde het net 300 Bosvelders tot sy beskikking gehad. Selfs Pietersburg se Kommandant Barend (Kreupelbarend) Vorster en van die burgers het wapens neergele^, etlikes het met Plumer se hulp die “National Scouts”gestig, ander burgers het “Boslansers” geword. Beyers het vir JF Naude (aktivis dominee Beyers Naude) en prokureur Lodi Krause aangestel as sy kommandante. Die totaal van Grobler se gevegsmag wat oorgegee het word aangedui as 1766 Boere. Beyers het weer aktief kommandolede gewerf vir sy aanvalsmag, onder andere Jack Hindon en van sy verkennersregiment. Die kwessie het gegaan om Plumer se toevoerroete te saboteur, daarvandaan die aanval by Boekenhout. Beyers het ook ‘n aanval geloods op Warmbad (waar ‘n Britse regiment gestasioneer was). Ook val hy Pietersburg se konsentrasiekamp aan waar hy burgers, vroue en kinders ontset….hulle is versteek in die Strydpoortberge. Beyers het se mag het in getalsterkte beter daar uitgesien. Plumer gee instruksie, dat voor Beyers Nylstroom aanval, die vroue, kinders en oumense verwyder moet word na Irenekamp. (My ouma, haar sussies en moeder is met beestrokke na Pretoria). Beyers het verder tot ‘n vergelyk gekom, selfs met Plumer se opvolgers, Grenfell en Colenbrander om Boer eiendom nie te verwoes nie en hul te bepaal tot “beskaafde” oorlogvoering. Bitter min Boerplase is afgebrand in die Bosveld. Beyers het Colenbrander egter genadeloos aangeval. Laasgenoemde was die aanvoerder van die Australiese Bushveld Carbineers wat egter vir Eerwaarde Heese en ‘n 20-tal burgers vermoor het, waaronder drie kinders. Bekende lede van die eenheid was Kaptein Bulala Taylor, Morant, Handcock, Witton en Pieton

Maak 'n opvolg-bydrae