Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 13 / Jan van Riebeeck se Fort

Motmuis leer van Suid-Afrika

Geskiedenis Nommer 13

JAN VAN RIEBEECK SE FORT

“Mamma, waarin het Jan van Riebeeck en sy manne gebly toe hulle in die Kaap aangekom het?

Het hulle ook skuilings van takke gemaak soos die Hottentotte?”

“Motmuis, dit was nou ń probleem en groot werk vir Jan van Riebeeck.

Sy vrou het ook saamgekom en nog so paar ander vrouens.

Hulle kon nie in skuilings van takke bly nie.

Hulle het maar die eerste rukkie op die skepe geslaap.

Die manne het dadelik begin om ń fort te bou”

“Wat is ń fort Mamma?”

“Dit is ń gebou met hoë mure en deure sodat mense veilig daar binne kan bly.

Almal bly in die fort vir veiligheid.”

“Mamma, was dit dan onveilig in die Kaap?

Was ń fort nodig?”

“O ja Motmuis.

Dit was baie onveilig.

Die wilde diere was ń probleem, veral die baie leeus.

Die Hottentotte en Boesmans was ook gevaarlik en het al hulle goed probeer steel.

En dan was daar nog oorlog tussen Nederland en Engeland.

Jan van Riebeeck was van Nederland af en hulle was bang Engelse skepe val hulle aan.

So eerste het hulle ń fort gebou sodat hulle veilig daarbinne kon gaan woon.”

“Mamma, waarvan het hulle die fort gebou?

Daar was mos nie bakstene nie?”

“Motmuis hulle het die eerste fort van hout gebou.

Hulle het klomp planke van Nederland af saamgebring en toe bome gaan afkap om nog planke te maak.

Dit was harde werk, maar na so paar weke kon hulle almal van die skepe af kom en in die fort kom bly.”

“En toe leef hulle lekker veilig.”

“O nee, daar was nog baie ander probleme.

Maar daarvan kan Oupa Vlermuis jou vertel as hy volgende week kom kuier.”

“Jippie, Oupa vlermuis kom kuier!”

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir ons kleinkinders.

Geskryf deur Kobie Ströh tydens die Covid Isolasietydperk.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae