Slag van Spioenkop / 23-24 Januarie 1900 / ABO

Slag van Spioenkop

23 – 24 Januarie 1900

ABO

Natalse front

Boere oorwinning

Spioenkop is ñ hoë heuwel bokant die Tugelarivier.

Die Boere het stellings op en onder Spioenkop opgerig, want daar kon hulle die wapaaie versper waarlangs die Britte se voorraadwaens moes gaan. Sowat 100 burgers het hul hier bevind.

23 Januarie 1900

Generaal Buller besluit om Spioenkop oor te neem, die hoogste punt in die Boere se verdedigingslyn.

9 uur die aand, ñ stikdonker nag, bestyg 1700 kakies onder Maj Generaal E Woodgate die berg. Die opdrag : Geen rook, geen praat nie. So stil moontlik. 4 / 4 langs mekaar, later enkelgelid teen die voorloper van die berg uit. Stadig en moeisaam vorder hulle en bereik teen 2h00 die plato onder die kruin waar hulle tot stilstand kom, bajonette vel en in lang rye vorentoe beweeg.

ñ Wagpos beman met 15 man, bemerk onraad en die woorde “Werda” word geroep, woorde wat Boere dikwels gebruik het. Oorgeneem uit Duits wat letterlik beteken “Wie daar?”

Skote klap, Britte storm, een Boer word met bajonet deurboor. Die Boere maak alarm en vlug. Die Britte het die kruin sonder veel verliese oorgeneem.

BRITTE OP SPIOENKOP

Die Britte grawe hulle in stikdonkerte in op die kruin. Skanse word opgerig en loopgrawe gegrou. Die harde klipperige grond maak dit moeilik om loopgrawe te grou, maar hulle slaag daarin om ñ vlak loopgraaf van so 400 m lank te grawe. Die loopgraaf so 40 cm diep.

Pad moet nou net oopgekap word om die kanonne na bo te sleep. Van bo af sou die Boerestellings onder dan ñ maklike teiken wees.

Digte mis sak hulle toe.

BOERE

Toe berig bekend raak dat Britte op Spioenkop se kruin is, gee Generaal Louis Botha opdrag dat die Burgers op al die hoogtes rondom Spioenkop moet ingrawe en kanonne in posisie moet plaas, al is hulle veel laer as Spioenkop. Probeer net verhoed dat Britte die kanonne opsleep.

Slegs 25 Burgers van Carolina onder Kommandant Hendrik Prinsloo kry opdrag om die berg te bestyg en probeer om vyand te verdryf. Digte mis hang oor die berg.

Die 25 Burgers bereik die kruin, maar word teruggedryf.

Versterkings onder bevel van Kommandant Rooi Daniël Opperman van Pretoria daag op. Verwoede skietgeveg op die kruin. Hele paar burgers verloor hul lewens.

DIE MIS KLAAR OP

Toe die mis teen 7h00 begin opklaar, besef Woodgate dat hulle posisie duidelik sigbaar is vanaf die omringende heuwels.

Boereskerpskutters en kanonvuur pen die Britte agter hulle skerms en in die vlak loopgraaf vas. Louis Bothma sein met sy heliograaf na die kanonstellings, doeltreffende skote volg.

Britse verliese is groot, Woodgate ook noodlottig getref, laat Britte leierloos.

Boere kry geleentheid om onder dekvuur Spioenkop te bestyg.

Die moeisame nag, intense hitte, dors en hongerte en die groot verliese plaas Britte in benarde posisie en van die Britte begin oorgee. Orals lê lyke en gewondes kreun in die bloedige son.

Britse versterkings daag op en probeer met bajonet stormloop Boere terug dryf. Verwoede skietgeveg van meer as 2 ure volg. Die Kakies is vasgepen, as Boere ñ helmhoed gewaar, skiet hulle, meestal kopskote.

DONKERTE SAK TOE

Die son sak en die donkerte bring lafenis. Die Boere val in die donkerte terug om te gaan rus. Hulle sal teen ligdag aanval hervat. Net ñ handjievol word agtergelaat op die kruin. Af en toe weerklink ñ skoot.

24 Januarie 1900

Voor dagbreek bestyg die Boere weer Spioenkop. Tot hul vebasing het die Britte deur die nag onttrek, net die dooies en gewondes agtergelaat. Verstom staar die Boere na die dooies. In die loopgraaf lê tot 3 dood bo-op mekaar. Veral die kanonne het verwoesting gesaai.

Britte word sommer daar in die loopgraaf begrawe. Die Boere word ook daar begrawe.

Verliese was groot:

68 Boere dood, 134 gewond.

343 Britte dood, 563 gewond, 187 gevange geneem.

Britse verliese was groot.

Hulle kon nie daarin slaag om die Boere se verdedigingslyn te breek nie.

Eers teen einde Februarie 1900 kon Buller daarin slaag om die Boere se beleg van Ladysmith te breek.

Op Spioenkop se kruin is ñ paar gedenkstene opgerig vir Boer en Brit. Paar grafte getuig van hierdie bittere Slag van Spioenkop.

Bronne: Inligtingsbrosjure Spioenkop. Oorlog-Beeld Jackie Grobler. Die Boere- Oorlog James Pakenham

Foto’s: Gys Ströh snr Desember 2022

Maak 'n opvolg-bydrae