Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 24 / Hollanders, Duitsers, Franse en Engelse

Die groot avontuur van Motmuis

Die begin van Motmuis

http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

Motmuis leer van Suid-Afrika (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/)

Geskiedenis Nommer 24

HOLLANDERS, DUITSERS, FRANSE EN ENGELSE.

“Mamma Vlermuis, ons het lanklaas stories vertel. Vertel asseblief verder.”

“Motmuis jy is darem ń nuuskierige vlermuisie!

Nou waar was ons met ons geskiedenis stories?

O ja, nog in die Kaap.

Die Vryburgers het plase gekry en begin boer.

Jan van Riebeeck is na ń ander land toe om daar te gaan werk.

Die Here XVII (Here 17) het ander goewerneurs Kaap toe gestuur om die leiers in die Kaap te wees.

Die werk was baie.

Die mense moes bou en plant en oes.

Hulle moes hulle diere oppas want die leeus het kort-kort van hulle beeste en skape gevang.

Die Afrika mense het ook hulle diere gesteel.

Die goewerneurs het vir die Here XVII gevra om nog mense te stuur om te kom help werk.

Hulle het toe nog mense gestuur van Holland af, van Duitsland, Frankryk en Engeland af.

Die Here XVII het ook sommer ń klomp meisies ook gestuur om te kom help met al die werk.

Die manne het gou gou vir hierdie flukse meisies lief geword en met hierdie meisies getrou.

Hulle kry kindertjies en gou is daar al ń hele klomp mense in die Kaap.

Hulle kry plase al hoe verder weg van Tafelberg af.

Aan die suidpunt van Afrika ontstaan ń nuwe volk.

Meeste mense het met mekaar Hollands gepraat.”

Fiktiewe verhale uit die geskiedenis. Geskryf deur Kobie Ströh vir ons kleinkinders gedurende die Covid isolasietyd.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae