Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 25 / Slawe

Die groot avontuur van Motmuis

Die begin van Motmuis

http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

Motmuis leer van Suid-Afrika (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/)

Geskiedenis Nommer 25

SLAWE

“More more Motmuis.

Motmuis, vandag wil ek jou vertel van slawe.

Die Kaap was nog Hollands.

Die werk was baie en die mense daar was te min.

Toe maak hulle ń plan om helpers en werkers in die Kaap te kry.

Toe stuur die Here XVII (onthou dit is Here 17) slawe Kaap toe.

Daar was slawehandelaars daardie tyd.

Mense wat mense verkoop het.

Hulle koop mense in ander lande en verkoop hulle dan weer aan ander mense. Hulle het dan slawe geword wat gewerk het vir die man wat hulle gekoop het.

Om ń slaaf te koop was baie duur, net ryk mense kon slawe koop.

Partykeer het hulle mense in ander lande soos Afrika gaan steel en verkoop.

Daardie mens is dan jou slaaf en werk sy hele lewe lank vir jou.

Jy gee hom kos en klere en ń slaapplek.”

“Mamma, dit was eintlik aaklig.”

“Ja Motmuis, dit was wreed.

Mans en vrouens en kinders is verkoop.

Hulle het nooit weer hulle eie familie gesien nie.

Meeste slawe was darem gelukkig en het graag by hulle eienaars gebly.

Die slawe het lief geword vir hulle eienaars.

Hulle het die kinders ook mooi opgepas.

Party mense het hulle slawe na ń tyd vrygelaat.

Maar daar was natuurlik ook maar nare mense wat hulle slawe sleg behandel het.”

“Mamma, kan ons nog vandag nog slawe koop?”

“Nee Motmuis gelukkig nie, dit is nou teen die wet.

Maar ongelukkig kry mens baie skelms.

Hulle steel nog steeds mense, veral kinders, en gaan verkoop hulle in ander lande.

Hulle kry baie geld vir kinders.”

“Is dit hoekom kinders altyd naby grootmense moet bly?”

“Doodreg Motmuis.

Kinders moet altyd naby Mamma en Pappa of Juffrou bly.

Hulle moet nooit eenkant loop of speel nie.

Hulle moet ook nie met vreemde mense praat nie.

Kinders moet soos ń mal ding skree as iemand hulle wil gryp.

Mensekinders kan baie hard skreeu.

Kinderd moet byt en skop en slaan en vreeslik skree as iemand hulle wil gryp.

Dit maak die skelms wat kinders steel baie bang.

Hulle hardloop dan vinnig weg.”

“Dankie Mamma.

Ek sal ook versigtig wees.

Ek wil tog nie ń slaaf word nie.”

Fiktiewe verhale uit die geskiedenis. Geskryf deur Kobie Ströh vir ons kleinkinders gedurende die Covid isolasietyd.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae