Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 26 / Die Kaapse Klopse

Die groot avontuur van Motmuis

Die begin van Motmuis

http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

Motmuis leer van Suid-Afrika (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/)

Geskiedenis Nommer 26

DIE KAAPSE KLOPSE

“Mamma, ek weet nou van die slawe aan die Kaap.

Wat het van al die slawe geword?

Het hulle teruggegaan na hulle lande toe?”

“Nee Motmuis.

Hulle het hier gebly.

Party het met mekaar getrou en kinders gekry.

Party het met die Hollandse boere getrou en kinders gekry.

Party het met die swart Afrika mense getrou en kinders gekry.

Later is al die slawe in die Kaap vrygelaat.

Die mense het besef dit is wreed en verkeerd om mense te koop.

Party slawe het toe self boere geword.

Ander het weer gebly by die boere wat hulle gekoop het.

Die slawe en hulle kinders het ń hele nuwe volk geword.

Bruinmense noem ons hulle vandag.”

” O ja, Mamma, ek weet van hulle..

Party vrouens dra sommer sulke doeke op hulle koppe en die mans sulke klein snaakse hoedjies.”

“Ja Motmuis, dit is Moslems.

Dit is hulle geloof.

Party slawe was nie Christene nie.

Hulle was Moslems en is dit vandag nog.

Party bruinmense is Christene, ander is Moslems.”

“Weet jy Motmuis, elke jaar 2 Januarie vier die bruinmense fees.

Hulle trek mooi helder kleure aan, verf hulle gesigte en sing en dans in die strate.

Hulle word die Kaapse Klopse genoem.”

“Mamma, hoekom vier hulle fees?”

“Motmuis, dit is om te onthou.

Die slawe het hard gewerk om ons land mooi te maak.

Die slawe kon altyd 2 Januarie rus.

Die bruinmense se voorvaders was meestal slawe.

Nou dans die Kaapse Klopse en trek mooi aan om almal te herinner aan die slawe wat so hard gewerk het.”

“Mamma, ek wil eendag na die Kaapse Klopse se dansery gaan kyk.

Dit lyk na groot pret.”

Fiktiewe verhale uit die geskiedenis.

Geskryf deur Kobie Ströh vir ons kleinkinders gedurende die Covid isolasietyd.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae