Geskiedenis van Suid-Afrika / Boek 2 / ‘n Nuwe volk ontstaan / No 1 / Die Kaap raak voller

Die groot avontuur van Motmuis

Die begin van Motmuis

http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

Motmuis leer van Suid-Afrika

Vestiging aan die Kaap (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/) tot deel 26

Geskiedenis van Suid-Afrika

Boek 2

ń Nuwe volk ontstaan no 1

DIE KAAP RAAK VOLLER

“More more Mamma Motmuis.

Gaan Mamma Vlermuis nou vir my nog so bietjie van die ou Kaap vertel? “

“Motmuis, jy is vrolik vanoggend.

Ons moet nou gaan slaap so ek gaan net gou vertel:

Die ou Kaap

Die mense in die Kaap het nou meer en meer geword.

Here XVII het nog mense gestuur om te kom help.

Slawe het ook kom help werk.

In Europa was daar kort kort oorlog.

Die mense in Europa het swaar gekry en was maar arm.

Toe hoor hulle van ń nuwe land, Suid-Afrika.

ń Land met baie sonskyn.

ń Land met baie diere.

ń Mooi land met baie berge en riviere en bome en plante.

ń Land met baie werk.

ń Land met baie plek.

ń Land met baie grond vir boer.

Hollanders, Duitsers, Engelse, Franse en sommer baie ander lande se mense pak hulle trommels, klim op ń skip en kom na maande lank op die see in Suid-Afrika aan.

Na ń rukkie leer almal Hollands praat want dit was die taal wat in die Kaap gebruik was.

Die Kaap raak nou voller.

Die mense werk hard en die skepe wat hier stop kan lekker kos koop voor hulle verder vaar.

Die siek matrose kon hier eers gesond word voordat hulle verder vaar.

Baie van die matrose het so van hierdie land gehou dat hulle sommer hier agter gebly het.”

Fiktiewe verhale uit die geskiedenis.

Geskryf deur Kobie Ströh vir ons kleinkinders gedurende die Covid isolasietyd.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae