Geskiedenis van Suid-Afrika / Boek 2 / ‘n Nuwe volk ontstaan / No 2 / Almal werk en help om Suid-Afrika ‘n mooi land te maak

Die groot avontuur van Motmuis

Die begin van Motmuis

http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

Motmuis leer van Suid-Afrika

Vestiging aan die Kaap (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/) tot deel 26

Geskiedenis van Suid-Afrika

Boek 2

ń Nuwe volk ontstaan no 2

ALMAL WERK EN HELP OM SUID-AFRIKA Ń MOOI LAND TE MAAK

“Mamma Vlermuis, het al die mense in die Kaap dieselfde werk gedoen?”

“Motmuis, elke groepie mense het gedoen waarin hulle goed is.

Die Hollanders het tuine gemaak, huise gebou en geboer met beeste en skape op die plase.

Die Hollanders het groente en vrugtebome geplant.

Die Duitsers was goeie soldate en het gesorg dat almal veilig is.

Die Duitsers het gekeer dat die Afrika mense die boere doodmaak en hulle vee steel.

Die Engelse het skole kom bou.

Die Engelse het die howe begin sodat skelms verhoor kan word.

Ons noem hulle die Britse Setlaars.

Die Jode het winkeltjies in die Kaap begin om kos en materiaal te koop en te verkoop.

En toe kom die Franse.

In Frankryk het iets tragies gebeur.

Al die Christene word skielik doodgemaak.

Baie van die Christene vlug Kaap toe en kom leer die mense hier nog meer van Jesus.

Die Franse was goeie wynmakers en hulle begin om druiwe te plant en wyn in die Kaap te maak.

Ons noem hierdie Franse die Franse Hugenote.

Vandag nog kan mense die groot wynplase in die Kaap besoek.

Suid-Afrika se lekker wyn is oor die hele wêreld bekend.”

Fiktiewe verhale uit die geskiedenis.

Geskryf deur Kobie Ströh vir ons kleinkinders gedurende die Covid isolasietyd.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae