Geskiedenis van Suid-Afrika / Boek 2 / ‘n Nuwe volk ontstaan / No 3 / Afrikaans

Die groot avontuur van Motmuis

Die begin van Motmuis

http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

Motmuis leer van Suid-Afrika

Vestiging aan die Kaap (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/) tot deel 26

Geskiedenis van Suid-Afrika

Boek 2

ń Nuwe volk ontstaan no 3

AFRIKAANS

“Vandag wil Mamma Vlermuis vir julle iets interessants vertel.

Onthou daar van 1652 af het almal in die Kaap Hollands gepraat en geskryf.

Die Duitsers, Franse, Engelse, Jode, Slawe en tot die Afrika mense het Hollands probeer praat.

Hulle het met mekaar getrou en ń klomp kindertjies is gebore in die Kaap.

Hierdie kindertjies het ook nou groot geword.

Toe gebeur daar ń vreemde ding.

Hollandse skepe moes hier stop en vir ń paar weke in Kaapstad se hawe bly om reggemaak te word.

Die mense op die skepe gaan terug Holland toe en vertel daar dat daar iets baie snaaks in die Kaap is.

Die mense praat snaaks.

Hulle praat ń snaakse taal.

Dit klink soos Hollands, maar dit is nie Hollands nie.

Hulle dink dit is iets soos kombuishollands.

Die mense in die Kaap skryf nog Hollands, maar hulle gebruik vreemde woordjies wat nie Hollands is nie.

Die mense in die Kaap praat ń nuwe taal.

Hulle het hulle eie taal gemaak.

Hulle praat Afrikaans!”

“Sowaar, Mamma.

Toe praat die mense in die Kaap hulle eie taal?

Vandag is daar baie Afrikaanse mense in Suid-Afrika.

Hulle praat Afrikaans.

Hulle skryf Afrikaans.

Hulle lees Afrikaans.

Hulle het Afrikaanse radio en TV.”

“Ja Motmuis.

Afrikaans is ń mooi taal.

Afrikaans is ń lewendige taal.”

Fiktiewe verhale uit die geskiedenis.

Geskryf deur Kobie Ströh vir ons kleinkinders gedurende die Covid isolasietyd.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae