Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 23 / Wolraad Woltemade

Die groot avontuur van Motmuis

Die begin van Motmuis

http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

Motmuis leer van Suid-Afrika (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/)

Geskiedenis Nommer 23

WOLRAAD WOLTEMADE

“Motmuis, vandag wil ek jou vertel van ń groot held.

Sy naam was Wolraad Woltemade.

Die darum was 1 Junie 1773.

ń Hollandse skip het ń gebreekte mas gehad.

ń Mas is een van daardie houtpale waaraan die seile vasgemaak word.

Die skip se naam was De Jonge Thomas.

Hierdie skip het in Tafelbaai gelê terwyl hulle die mas regmaak.

ń Vreeslike storm het die Kaap getref en die skip het uitmekaar gebreek.

Die matrose op die skip kon nie swem nie.

Wolraad Woltemade het op die strand met sy perd gery.

Hy sien toe die matrose is in die moeilikheid.

Wolraad laat sy perd in swem tot by die skip.

Hy sê vir 2 matrose om aan die perd se stert vas te hou en swem uit met die 2 manne.

Hy gaan terug en red nog twee.

Sewe keer swem Wolraad Woltemade met sy perd tot by die skip en red elke keer 2 matrose.

Nou is die perd en Wolraad al baie moeg.

Hulle swem die agtste keer terug na die skip.

Maar nou is die manne al baie bang en raak paniekerig.

Die matrose gryp orals aan die perd vas en aan Wolraad Woltemade ook.

Die perd en Wolraad Woltemade is te moeg en al die matrose is te swaar.

Hulle trek die perd en Wolraad onder die water in.

Wolraad Woltemade en sy perd het verdrink.

Wolraad Woltemade en sy perd het veertien mense gered, maar self verdrink.”

Fiktiewe verhale uit die geskiedenis. Geskryf deur Kobie Ströh vir ons kleinkinders gedurende die Covid isolasietyd.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae