Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 22 / Vryburgers

Die groot avontuur van Motmuis

Die begin van Motmuis

http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

Motmuis leer van Suid-Afrika (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/)

Geskiedenis Nommer 22

VRYBURGERS

“Motmuis, vandag wil ek vir julle kinders ń nuwe woord leer.

Vryburgers

Dit is burgers wat vry is.

Dit is mense wat vry is.

In Jan van Riebeeck se tyd het almal vir Holland gewerk.

Holland was die sterkste land in die wêreld.

Die mense in die Kaap se base was die Here 17, ons skryf dit so: Here XVII.

Die Hollandse maatskappy wat vir almal werk gegee het se naam was die VOC. (Vereenigde Hollandse Oos-Indiese Companie).

“Sjoe Mamma.

Sommer 3 nuwe name.

Here XVII (17)

VOC en

Vryburgers.”

” Ja Motmuis, jy moet daardie woorde onthou.

Nou ja.

Jan van Riebeeck het later weggegaan en die Here XVII het nuwe goewerneurs Kaap toe gestuur.

Baie skepe het nou hier gestop.

Meer en meer mense het in die Kaap kom bly.

Hulle het huise vir hulleself langs Tafelberg begin bou

Daar het meer en meer kos nodig geraak.

Toe maak die Here XVII ń klomp mense vry en gee vir hulle plase.

Op die plase het hulle dan begin boer.

Groente en vrugte geplant.

Hulle het met beeste, skape, varke, hoenders, vrugte en groente geboer. Party het tot wyn begin maak.

Dit het hulle dan aan die Here XVII verkoop.

Hulle was die Vryburgers.

Die Vryburgers het al hoe verder van Kaapstad af begin boer.

Hulle was baie goeie boere.”

Fiktiewe verhale uit die geskiedenis. Geskryf deur Kobie Ströh vir ons kleinkinders gedurende die Covid isolasietyd.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae