Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 21 / Tafelberg se 3 maatjies : Duiwelspiek, Seinheuwel en Leeukop

Die groot avontuur van Motmuis

Die begin van Motmuis

http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

Motmuis leer van Suid-Afrika (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/)

Geskiedenis Nommer 21

TAFELBERG SE 3 MAATJIES : DUIWELSPIEK, SEINHEUWEL EN LEEUKOP

“Motmuis, vandag wil ek vir jou vertel van Tafelberg se maatjies.

Tafelberg staan nie alleen daar in Kaapstad nie.

Tafelberg het 3 maatjies wat weerskante langs hom staan.

Hulle name is:

Duiwelspiek

Leeukop en

Vlaeberg.

Elke een van hierdie bergspitse se name vertel vir ons iets.

Vlaeberg is so ronde koppie.

In Jan van Riebeeck se tyd het die soldate verskillende vlaggies gebruik om boodskappe vir skepe te stuur.

Hulle het op Vlaeberg vlaggies geswaai vir aankomende skepe.

So het hulle die skepe laat weet dit is veilig om die baai binne te vaar.

Hulle het ook elke dag 12 uur ń kanonskoot geskiet van Vlaeberg af.

Dan het almal geweet dit is nou 12 uur die middag.

Mense het mos nie horlosies gehad nie.

Vandag noem party mense vir Vlaeberg ook Seinheuwel want later het hulle met vuur en ligte seine gestuur vir die skepe.

Motmuis, weet jy hoekom noem ons die een Duiwelspiek en die ander een Leeukop?”

“Ek weet. Mamma het mos al vir my die stories van Tafelberg vertel.

Tafelberg lyk so plat soos ń tafel.

Op Vlaeberg het hulle vlaggies gewaai om skepe te waarsku.

Duiwelspiek is waar Van Hunks en die duiwel so baie gerook het.

Op Leeukop dink ek was daar seker maar leeus.”

” Motmuis, jy is doodreg.

Daar was baie leeus. Hulle het kort kort van Jan van Riebeeck se beeste en skape gevang en opgeëet.

Hulle het in troppe daar teen Leeukop gebly.

Jan van Riebeeck het sowaar een oggend ń leeu in sy groentetuin gekry.

Gekukkig was daardie leeu nie honger nie en het vinnig weggehardloop.

Die kinders mag nooit ooit uit die fort gegaan het nie.

Dit was te gevaarlik. Leeus kon hulle dalk aangeval het.”

Fiktiewe verhale uit die geskiedenis. Geskryf deur Kobie Ströh vir ons kleinkinders gedurende die Covid isolasietyd.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae